Farm Murders


‘Jammer dat ons leef’
June 25, 2010, 10:30 pm
Filed under: Uncategorized


Deur Vlad du Plessis.

Woensdag, 23 Junie 2010

In sy rubriek Wanneer gaan die Afrikaner koers kry? noem Dan Roodt beslis interessanthede wat verdere bespreking verdien. Ek dink nie mens kan hedendaagse Afrikaner politiek verstaan as jy nie die politieke psige van vandag se Afrikaner begryp nie.

Dit is my mening dat die Afrikaner se gebrek aan politieke mobilisasie en die amper algehele onvermoë van Afrikanerleiers om hul volk se verbeelding aan te gryp baie meer kompleks as blote swak leierskap is. Die probleem hou eerder verband met die leierskap se wanbegrip van die oorsake rakende die gebrek aan politieke belangstelling deur Afrikaners.

Heelwat gewag is al gemaak van die konsep “wit skuld” en dat dit dan ‘n verlammende uitwerking op Afrikaners sou hê. Ek wil aanvoer dat “wit skuld” nog nooit by Afrikaners bestaan het nie; nie in die verlede nie en ook nie nou nie. Indien dit wel bestaan, is dit maar ‘n blote simptoom, ‘n blote oppervlakkige uitdrukking van ‘n dieperliggende probleem. Skuld is m.a.w. bloot ‘n manifestasie van ‘n baie sterker en onerkende emosie. Andersyds word “moedeloosheid” onder Afrikaners selfs meer dikwels as skuldgevoelens genoem, maar ook in hierdie geval is daar waarskynlik baie meer aan die werk as wat die oog kan sien. Modeloosheid en Skuld mag albei dieselfde grondoorsaak hê.

Om die Afrikaner se situasie te verstaan, baat dit om daardie pioniersveld in die sosiologie, nl Skaamteteorie te bestudeer. Gaan kyk mens wat die voorste van daardie kenners, Thomas Scheff oor Duitsland ná die eerste wêreldoorlog te se het, dan raak die verklaring vir ons situasie glashelder.

Weereens moet ek Dan Roodt krediet gee dat hy die een is wat die parallel tussen Kemptonpark en die Verdrag van Versailles getrek het. Soos die Duitsers is Afrikaners ná die gewraakte oorgawe akuut en chronies verneder. Hierdie is die sleutel vir ons huidige dilemma. Afrikaners word nie net gedurig bewus gemaak van die “verskriklike sonde” wat ons deur apartheid gepleeg het nie, maar veral deur Naspers word Afrikanerskap en enige vorm van Afrikaner politieke uitdrukking konstant as ‘n vorm van agterlikheid uitgebeeld. Vele Afrikaners neem dit ter harte. Die vernedering is niks anders as skaamte nie. Dit is die sleutel tot ons huidige problematiek en ek kan eerlik nie sien hoe ons enige vordering kan maak as ons nie hierdie dinamika verander nie. Ek wil so ver gaan om te sê dat hierdie begrip die “heilige graal” van Afrikanerbevryding is.

In die skaamte-woede-siklus, raak die slagoffer/onderdrukte kwaad omdat hy gedurig beskaam word. Dit is hierdie woede wat tot Duitse nasionalisme in aanloop tot die tweede wêreldoorlog gelei het. Ongelukkig vir die Duitsers het die bevryding wat uit hul skaamte-woede-siklus gevolg het weer tot ‘n oorwinning teen hulle gelei, maar dit hoef nie vir ons te geld nie. Eintlik het Afrikaners sedert die vernedering van die Anglo-Boereoorlog reeds deur hierdie siklus gegaan en anders as die ná-eerstewêreldoorlogse Duitsers het ons reeds langdurig met sukses die botoon gevoer.

Kom ons kyk meer in diepte na skaamdinamika. Die deeglike studie van Thomas Scheff, Helen Block Lewis en Suzanne Retzinger wys vir ons dat skaamte op een van twee maniere manifesteer: hetsy bedekte skaamte, hetsy openlike skaamte. Bedekte skaamte lei tot woede. Dit is waar die skaamtelyer die skaamte ontken deur dit eerder te laat omsit in woede. Volgens die skaamteteoretici sal sulke woede weer tot oortreding lei wat weer ‘n nuwe vlaag skaamte sal meebring. Trots is die teenpool van skaamte en kan nie herstel word voordat die skaamtesiklus nie verbreek word nie. Hoewel die Skaamteteoretici meen dat woede weer skaamte sal meebring en sodoende die siklus in stand hou, verskil ek daarmee. Ek reken egter dat waar ‘n onderdrukte volk sigself d.m.v. woede van onderdrukking bevry, daadwerklike trots sal volg. Dus die einde van die skaamtesiklus. Thomas Scheff, ‘n jood van Duitse afkoms, het self familie in die holocaust verloor en sou dus beswaarlik erkenning aan die bevrydende effek van woede gee.

Ek kan met sy familiegeskiedenis simpatiseer, maar moet verskil daarmee dat woede alleen verdere skaamte sal meebring. Dis juis langdurige woede ná die Anglo-Boereoorlog, wat tot Afrikanernasionalisme en die uiteindelike trotse totstandkoming van die 1961-republiek gelei het. Toegegee, sekeres sou argumenteer dat daardie nasionalisme tot apartheid (1948) en dus tot ons verdere beskaming sou lei (want volgens die Skaamteteorie kry die oortreder skaam weens sy oortreding). Dit sou dus ‘n argument teen die herontwaking van Afrikanernasionalisme kon wees. Die teenargument hiervoor sou wees dat, in ‘n volkstaat, sou ons nie teen minderhede diskrimineer nie en dus sou daar geen oortreding en dus geen skaamte wees nie.

Myns insiens lei die konstante beskaming waaraan Afrikaners blootgestel word, tans, tot openlike skaamte en in ons geval manifesteer openlike skaamte in verskeie gedragspatrone, waaronder die konstante soeke na versoening met die swart onderdrukker (sg “wit skuld”) tot en met algehele ontrekking van die politiek (sg. “moedeloosheid”). Ek glo die rede waarom die skaamte nooit in woede omsit, soos in ander historiese gevalle nie, is deels die gevolg daarvan dat alle vorme van Afrikanernasionalisme (wat opsigself die noodsaaklike voertuig vir woede is) as agterlik en “beskamingswaardig” voorgehou word. Tweedens word die opbou van woede, die stoom wat volksnasionalisme moet aanspoor, deur gesimuleerde groepsgebonde “konflikte” in die vorm van rugbywedstryde afgelaat.

Versoening met die oortreder (die swart regime) kan wel die skaamsiklus verbreek, maar dan moet dit werklike versoening wees en ek is oortuig daarvan dat die die kloof tussen wit en swart so diep is dat dit nooit bereik sal word nie. Boonop help dit nie die onderdrukte hou aan met sy versoeningspoging vol terwyl die onderdrukker konstant met sy oortreding voortgaan nie. Dit begin ooreenkomste met Stockholmsindroom toon en mag die onderdrukte/slagoffer se poging wees om sy eie trots te herstel uit hoop dat die onderdrukker iewers in die toekoms dalk met hom solidariteit sal toon. Versoening tussen wit en swart is wel kortstondig tydens die 1995-rugbywêreldbeker bereik, maar die diepe strukturele verdelings tussen wit en swart het dit nie-blywend gemaak.

Die werklikheid van skaamte is dat die lyer(s) (beide oortreder en slagoffer) na verlossing daarvan soek. Soos reeds gesê, lei dit onder Afrikaners, onder andere tot ontrekking van enige politieke uitdrukking. (Mens kan hierby toevoeg dat skaamte, binne die ANC, weens die regime se konstante oortreding moontlik bydra tot die groeiende rassehaat teen blankes soos deur Julius Malema versinnebeeld.)

Massabyeenkomste soos die saamtrekke na Angus Buchan se Mighty Men (die naam spreek ook tot skaamlyers) en rugbybyeenkomste bied wel ‘n geleentheid om op alternatiewe maniere trots te probeer herwin. Hierdie geleenthede skep ‘n gevoel van solidariteit en solidariteit herstel die sin van trots. Geen van hierdie geleenthede kan egter die wesenlike probleem van skaamte oplos nie, want nie een van hulle spreek die grondoorsaak, naamlik konstante vernedering in ondergeskiktheid aan ‘n vyandige onderdrukker, aan nie. Hoogstens bied dit tydelike simptomatiese verligting.

Vir Afrikaners om van die 1994-vernedering en die gevolglike aanhoudende beskaming te ontsnap, sal ons die volle skaamte-woede-siklus moet loop en dan op ‘n kritieke oomblik in die woedefase strategies moet optree sodat daadwerklike politieke bevryding verkry kan word. Die bevryding moet dan lei tot die herstel van trots.

Die omvang van ons skaamte is so verreikend dat selfs ons leiers skaam is. Organisasies wat weier om by die bevrydingsideaal betrokke te raak getuig hiervan. Selfs die Vryheidsfront is besmet met hierdie kwaal, soos gesien kan word uit die ontwykende houding wat die organisasie teenoor Afrikanerselfbeskikking het. Die volgende vertelling deur Dan Roodt dui ook hierop:

“Enkele dae gelede sê ‘n prominente lid van die party, dr. Conrad Beyers, egter vir my dat die party eerder sy Afrikanersentriese leuse moet laat vaar en ‘n party ‘vir alle konserwatiewe Suid-Afrikaners, ook swartes, moet word’. Hy is blykbaar skaam vir die ‘rassistiese beeld van die party’ as ‘n beweging vir blanke Afrikaners. Beyers is ‘n dosent aan die multikulturele Universiteit van Pretoria en in ‘n gesprek met ‘n Venda-student het hy ongemaklik begin voel om aan hom die Vryheidsfront Plus se beleid te verduidelik. Kennelik val “selfbeskikking vir Afrikaners in ‘n eie geografiese gebied of volkstaat” net nie mooi op die oor van ‘n Venda-student nie en daarom begin Beyers sterk aan die roeping van sy eie party te twyfel.”

Wanneer ons eie leierskap dus die gevangenes van skaamte is, is ons kans op bevryding amper nul.

Nêrens in Afrikanergeledere word die ideaal van bevryding juis so onbeskaamd verkondig as in PRAAG nie. Dit vertel vir ons geweldig baie van die ideologiese insig en ook die morele krag van Dan Roodt en diegene wat saam met hom werk. In ‘n volgende stuk sal ek meer hieroor sowel as die komende afsterwe van die VF+ skryf, maar laat ons nou eers fokus op Afrikanerbeskaming.

In een van die “demokratiese verkiesings” wat sedert 1994 gevoer is, het die DP ingetap op Afrikaners se begeerte om hul trots deur woede te herstel. Met die “Gatvol”-veldtog het die DP daarin geslaag om die Afrikanerkieser weg te rokkel van sy tradisionele partye. Die DP het die Afrikanerpsige beter verstaan as die “met die ANC versoenende” NP en VF. In Weimar-Duitsland het Adolf Hitler met massale sukses die Duitsers se begeerte om deur woede van skaamte te ontglip gebruik om ‘n politieke wending mee te bring. Die meer onlangse begrafnis van Eugène Terrreblanche het vir ons gewys dat Afrikaners meer as ryp is om deur woede gemobiliseer te word. En tog het ons ook gesien dat Afrikaners volwasse genoeg is om nie met daardie woede onverantwoordelik om te gaan nie. Dit was ‘n baie ordelike en effektiewe uitdrukking van volksnasionalisme.

Blote pogings om Afrikaners tot godsdienstige verootmoediging te roep, sal hulle teruglei tot die versoenende logika van ons geloof en dit sal weer lei tot vrugtelose pogings om met die swarte te versoen. Dit is waarmee Angus Buchan Afrikaners elke keer onskadelik stel. Rugbywedstryde is ‘n kragtige emosionele uitlaatklep, maar vir Afrikanerbevryding is dit skadelik. Die beweging wat Afrikaners uit sy huidige moeras van rigtingloosheid gaan lei, sal nie net Afrikanerselfbeskikking onbeskaamd verkondig nie, maar sal ook vreesloos Afrikanerwoede na die oppervlak probeer bring. Daardie woede sal dan soos op Ventersdorp verantwoordelik bestuur moet word, maar ook konstant lewendig gehou word. Hierdie organisasie sal die moed moet hê om binne die huidige “reënboognasie”-bestel ‘n hoogs kontroversiële en verdelende rol te speel. Dit sal emosionele manifestasies moet bied wat ten minste met die Mighty Men en rugby-uitlaatkleppe moet kan kompeteer, indien totale verplasing daarvan onmoontlik is. Soos op Ventersdorp moet dit die geleentheid bied vir Afrikaners om solidariteit binne ‘n etniese grondslag te beleef. ‘n Werklike gevoel van volksolidariteit sal hieruit vloei. Dit sal manifesteer as volksnasionalisme. Dinamiese volksnasionalisme is die vereiste voertuig vir bevryding.

Dus kan ten slotte gesê word dat deur die Afrikaner konstant in ‘n toestand van openlike skaamte te hou het die regime en die Afrikaanse pers die perfekte manier gevind om die Afrikanervolk uiteindelik tot sy verdwyning te beskaam. Die Mighty Men-fenomeen en georganiseerde sport, veral rugby, lei enige “ongewenste” woede en behoefte aan groepsolidariteit af. Die ET-begrafnis het vir ons gewys dat Afrikanerwoede reg is om verantwoordelik getap te word. Afrikanerleiers se eie skaamte maak dit vir hulle moeilik tot onmoontlik om Afrikaners tot die noodsaaklike woede aan te spoor. Verbeeldingryke leierskap wat nie bang is om die woede verantwoordelik aan te spoor nie en byeenkomste waar groepsolidariteit beleef kan word, sal Naspers en die ANC se houvas op die Afrikaner verbreek. Bevryding sal onvermydelik volg.

Oorsprong: Perspektief blog

Advertisements


Nasiebou of Vryheid?
June 25, 2010, 10:16 pm
Filed under: Uncategorized


Deur Radio Pretoria

Terwyl talle van ons mense tans ywerig meedoen aan nasiebouprojekte rondom rugby in Soweto, of deur met die ANC se oorwinningsvlag op hulle voertuie rond te ry, is groot dele van die wêreld besig om teen ‘n vinnige tempo wakker te skrik en die onnatuurlike nasiebou te vervang met volksbou.

Vlaandere het hierdie week by die stembus baie duidelik ‘n boodskap gegee: ‘n enkele staat, van slegs blankes, maar bestaande uit twee volke: die Nederlandssprekende Vlaminge en die Franssprekende Wale, werk nie. Dié eenheidstaat, wat in 1830 net so kunsmatig tot stand gekom het as die Suid-Afrikaanse eenheidstaat van 1910 en 1994, werk eenvoudig nie.

Alle pogings tot nasiebou, koalisie, saamwerk, eenheid, selfs deur sport, het nie gewerk nie. Die nasionale Belgiese sokkerspan kon die twee volke nie verenig nie. Ook nie die Belgiese vlag nie, want die Vlaminge verkies hulle eie Vlaamse Leeuevlag. Die Vlaming het die Belgiese vlag altyd bestempel as “’t Vod”, daarmee bedoelende: “Die Vadoek”. Die “Belgiese” volkslied, die “Brabantsonne”, is deur die Vlaming verwerp as ‘n kermisliedjie, en hulle sing hulle eie volkslied, die Vlaamse Leeu, wat nie getem kan word nie…

Dit was helaas nie die tradisionele vegters vir Vlaamse onafhanklikheid, die Vlaams Belang, wat die stemme geoes het nie, maar hulle republikeinse ideaal het wel die sege behaal, al was dit deur ‘n ander party, die N. VA. Die boodskap was egter duidelik: Vlaandere wil nou onafhanklik word en ophou om kersvader te speel vir die onderpresterende Wallonië, en ‘n klug van ‘n koningshuis.

Die resultaat wat nou bereik is, is te danke aan die slagspreuke van die Vlaams Belang en sy voorganger, Vlaams Blok, wat dekades lank verkondig het: “Eigen Volk Eerst”, “België barst”, “Vlaanderen voor de Vlamingen” en “Vlamingen eerst”. Dit is volksgerig, nasionalisties, positief vir die eie, sonder om afbrekend te wees teenoor die ander. Nasionalisme beteken ‘n onblusbare liefde vir jou eie volk, sonder om hatig op ander volke te wees.

Vlaandere se verkiesingsuitslag volg nouliks ‘n week nadat dieselfde tendens waargeneem is in Nederland se verkiesings, en ongeveer ‘n maand na Brittanje se verkiesings, waar dieselfde tendens ook sigbaar was. Die Konserwatiewe Party het wel daar sterk gegroei, maar dit is minder bekend dat die Britse Nasionale Party ook geweldige vordering gemaak het.

Die wêreld-tendens is na die volkseie. Sedert die verbrokkeling van die Sowjet-Ryk, word kleiner state gevorm, state wat homogene volkstate is, waar nasionalisme skielik trots laat ontwikkel, wat ook ekonomiese trots en sukses tot gevolg het.

Net in Suid-Afrika word daar nog gepoog om die kunsmatige eenheidstaat te maak werk, terwyl die mislukkings daagliks groter en sigbaarder word. Nie rugby in Soweto, of ‘n sokkervlaggie op die motor gaan dit regkry nie. Hoe gouer ons die werklikheid van Suid-Afrika in pas bring met die tendens van die wêreld, hoe gouer sal ons werklike nasiebou sien: die opkoms en uitbou van ons eie Boerenasie! Werklike nasiebou is net suksesvol as daardie volk sy vryheid het.

Oorsprong:Radio Pretoria



Rowers moontlik 15 jaar tronk toe ná wrede aanval
June 25, 2010, 10:14 pm
Filed under: Uncategorized

2010-06-19 00:18
Mike van Rooyen

Bloemfontein – Tronkstraf van 15 jaar elk staar vier jong mans in die gesig wanneer hulle Maandag in die Bloemfonteinse streekhof gevonnis word nadat hulle ’n bejaarde egpaar en hul dogter op hul hoewe in Keeromstraat langs die Irene-winkelsentrum op die Maselspoortpad wreed aangeval en beroof het.

Mnre. Peter Langa (18), Samuel Jacobo (19), Lucky Motsukunyane (18) en Itumeleng Hlakane (20) het voor streeklanddros Marina Voges skuld beken op ’n aanklag van huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede. Die minimum vonnis wat vir dié misdaad voorgeskryf word, is 15 jaar tronkstraf.

Me. Charn Engelbreg het namens die staat betoog dit was nie nodig dat hulle mnr. Ben Buys (83) en sy dogter, Louisa (40), op 9 November 2009 laatmiddag so wreed aangeval het nie. Hulle is in hul huis, waar hulle veilig behoort te wees, aangeval. Die telefoondraad is uitgepluk en die mense moes later te voet hulp soek.

Dié soort misdade soos huisrooftogte kom feitlik daagliks voor en is vir die gemeenskap skokkend. Dit is meesal ouer mense wat so aangeval word. Die vier se jeugdigheid is nie ’n verskoning nie. Hulle was oud genoeg om die misdaad haarfyn te beplan, het sy gesê.

In hul pleitstukke vertel die vier hoe hulle weggekruip het totdat mev. Louisa Buys en haar dogter van ’n winkel af by die huis aangekom het. Toe die dogter hulle sien, het sy begin skreeu. Langa het haar gevang, haar pepersproei by haar afgeneem en haar daarmee gespuit. Jacobo het die ma se pepersproei by haar afgeneem.

Motsukunyane sê hulle het ’n ruit in ’n deur stukkend geslaan om in te kom. Toe mnr. Buys vra wat aangaan, het Jacobo hom deur die gebreekte ruit getrek en met ’n besemstok geslaan. Langa het ’n vuurwapen in die hande gekry en ’n skoot afgevuur om die mense onder bedwang te kry.

Hy en Hlakane het die egpaar en hul dogter in ’n slaapkamer toegesluit. Hulle het groot sakke gekry waarin hulle hul buit gegooi het.

Daarna is hulle daar weg. Langa en Jacobo het omgedraai en teruggegaan. By hul huis het Langa ’n vuurwapen uit een sak gehaal. Hulle het dit en die selfone verkoop en die geld gedeel. Hulle het ’n hoender vir hulself gehou om te eet, sê Motsuku­nyane.

Mnr. Andrew du Preez tree vir Langa en Jacobo op en mnr. Hanno Bekker tree vir Motsukunyane en Hlakane op.

* Mnr. Buys en sy dogter moes verskeie steke kry om die wonde aan hul kop en lyf te heg. Hulle het ook kneuswonde opgedoen soos hulle die houe met harde voorwerpe probeer afweer het. Mev. Buys het erge beserings vrygespring.

Oorsprong:Volksblad



Suspect held over brutal attack on trio
June 25, 2010, 10:10 pm
Filed under: Uncategorized

June 18 2010 at 07:47AM
By Graeme Hosken
Crime Reporter

Police have arrested a man suspected of killing a Pretoria homeowner and leaving his close friend paralysed and his girlfriend injured during a robbery at his house.

The suspect was caught an hour after allegedly attacking a cyclist in Equestria several hundred metres from Friday night’s bloody attack.

Friday night’s attack left Gerhard van Jaarsveld dead and his friends, Rudolph Terblanche paralysed and Elrene Jones injured.

The three, who had to beg for their lives before they were shot, were having a braai when five men attacked them at their Libertas Street smallholding, stealing cellphones and other household electrical appliances.

The attack took place less than 1km from where German pensioner Ute Maria Wiing, 70, was found murdered in her Silver Mists security estate home earlier this month.

Seven people, including a security guard, were arrested in connection with Wiing’s murder.

Wednesday’s arrest was made after five men, who police believe are behind Friday’s attack, robbed a cyclist as he rode through a field near Jones’ home. They stole his bicycle and cash.

Police and security guards were alerted to the attack on the cyclist when the man flagged down a passing police patrol.

While several police officers searched the field, security guards and other policemen searched the surrounding streets, spotting a man, fitting the description of one of the robbery suspects, as he got into a taxi near Hans Strijdom Drive.

Forcing the taxi to stop, police arrested the man, said police spokesman Captain Jan Sepato.

“Through our investigations we strongly believe that this suspect and his four accomplices are behind the attack on Van Jaarsveld, Terblanche and Jones,” he said.

Sepato said detectives were following up more leads and were expecting to make more arrests soon.

Wilgers Hospital spokeswoman, Ineke Jonker, confirmed Terblanche was paralysed and had been transferred to the Eugene Marais Hospital’s spinal unit.

Paula de Beer, Eugene Marais Hospital spinal unit spokeswoman, said Terblanche was currently undergoing hyperbaric therapy to try to improve his condition.

“At the moment he has no movement below his shoulders and it appears as though he is a quadriplegic, with limited movement in his shoulders.

“We will be monitoring his condition constantly to see if more movement returns. Several tests are still to be conducted to determine whether the paralysis is permanent or not,” she said.

* This article was originally published on page 4 of Pretoria News on June 18, 2010

Source:IOL