Farm Murders


Straat mag naam van bomplanter hê
June 6, 2010, 11:51 pm
Filed under: Uncategorized

2010-06-06 00:25
Gerhard de Bruyn

Die man wat vyf mense gedood en etlike ander vermink het toe hy in 1985 ’n kleefmyn in ’n winkelsentrum in Amanzimtoti geplant het, gaan vereer word deur ’n straat digby dieselfde winkelsentrum wat na hom vernoem gaan word.

Ná ’n uitgerekte hofstryd is dit nou amptelik dat die straat se naam na Andrew Zondoweg verander gaan word.

Die DA en die IVP het Donderdag ’n hofsaak verloor waarin hulle saam dié en nog sowat 100 ander voorgestelde naamsveranderinge deur die Durbanse stadsraad beveg het.

Regter David Ntshangase het in die Durbanse hooggeregshof beslis die voorgestelde naamsveranderinge, waarvan talle reeds op borde in en om Durban pryk, mag voortgaan.

Oorsprong:Rapport

Advertisements


Oue vemoor: Wag vas
June 6, 2010, 11:18 pm
Filed under: Uncategorized

2010-06-04 11:15
Virginia Keppler

Beeld

Een van die aanvallers van ’n bejaarde Duitse vrou wat verlede week in haar huis in ’n veiligheidskompleks in Silverton, Pretoria, vermoor is, is glo ’n veiligheidswag wat die kompleks moes bewaak.

Maria Wiing, wat in die 70 was, is verwurg. Sy het alleen gewoon. Haar lyk is Vrydag deur inwoners van die kompleks gevind.

Ses mense is in verband met die moord aangekeer.

Ao. Mike Mbewe, polisiewoordvoerder, het gesê dit is onduidelik wanneer Wiing vermoor is.

Die polisie het onmiddellik na leidrade begin kyk en Woensdag in die vroeë oggendure op ’n huis in Motetema in Limpopo toegeslaan. Wiing se voertuig is hier gekry.

“Van daar af het die polisie verdere leidrade opgevolg tot by ’n huis in Denilton in Mpumalanga waar hulle drie verdagtes gearresteer het,” het Mbewe gesê.

Die polisie het toe teruggery na ’n huis in Mamelodi, Pretoria, waar hulle die wag wat by die kompleks gewerk het, aangekeer het.

Nóg twee mense is in Mamelodi by ’n ander huis gearresteer in verband met Wiing se moord.

Mbewe het gesê die polisie het by al die huise waar mense in hegtenis geneem is, van die slagoffer se besittings gekry. Dit is gekonfiskeer.

Die polisie het ook op ’n gesteelde polisievuurwapen beslag gelê. Die wapen se reeksnommer is afgevyl.

Die aangekeerdes is tussen 25 en 30 jaar oud. Hulle verskyn binnekort in die hof.

Mbewe het die polisielede geloof vir hul vinnige optrede en gesê misdadigers sal uitgesnuffel word, ongeag waar hulle wegkruip.

– Beeld

Oorsprong:Beeld



Vrou van Bfn met tuinvurk aangeval
June 6, 2010, 11:08 pm
Filed under: Uncategorized

2010-06-05 01:25
Earl Coetzee

’n BLOEMFONTEINSE vrou is in die hospitaal opgeneem nadat sy gistermiddag wreed met ’n tuinvurk in haar huis aangeval is.

Mev. Karien van Rheede van Oudshoorn is gistermiddag omstreeks 15:00 in haar huis in Curlewisstraat, Heuwelsig, aangeval.

’n Man wat reeds drie jaar lank vir die Van Rheede van Oudshoorns in hul tuin werk, is vermoedelik vir die aanval verantwoordelik.

Lt.kol. Annelie Wrensch, polisiewoordvoerder, sê die 28-jarige man het gistermiddag vir Van Rheede van Oudshoorn om koerantpapier gevra om ’n sigaret mee te rol.

Toe sy vir hom die deur oopmaak, het hy glo ingestorm en haar met ’n tuinvurk aangeval.

Sy het blykbaar steekwonde in haar nek opgedoen.

Dit is nie duidelik hoeveel keer sy gesteek is nie.

Die man het glo aangedring op geld en sy het vir hom al die geld wat sy in die huis gehad het gegee, voordat hy gevlug het.

Volgens Wrensch is sy in die Bloemfontein-Medi-Clinic opgeneem. Volksblad kon nie gister inligting oor haar toestand kry nie.

Haar familie wou ook nie gister met Volksblad praat nie, omdat hulle te getraumatiseer was.

Wrensch sê die polisie is steeds op soek na die man en hoop om hom binnekort in hegtenis te neem.

Van Rheede van Oudshoorn het ’n afskrif van sy identiteitsdokument gehad, en die polisie weet dus presies wie hy is en waar hy bly.

– Volksblad

Oorsprong:Volksblad



Wreedaardigheid van moorde blyk uit verslae
June 6, 2010, 11:00 pm
Filed under: Uncategorized

2010-06-03 01:01
Tom de Wet

VIRGINIA. – Die gruwelike wreedheid van die grusame en wreedaardige moorde op ’n bejaarde vrou van Allanridge en haar ongetroude dogter het hier in die hooggeregshof die eerste keer uit die lykskouingsverslae duidelik geword.

Mej. Helen Lotter (57) se dood is veroorsaak deur skerp trauma en beserings aan haar onderlyf toe sy en haar ma op 6 Maart 2009 in hul huis aangeval is.

Luidens die verslag van dr. Horst Bumba, wat as bewysstuk by die hof ingedien is, was mej. Lotter se voortande uit en haar hele liggaam was vol sny-, kneus en skaafwonde. Haar geslagsdele was vermink tot in haar ingewande, wat ook beskadig is. Met die lykskouing was daar geen uterus of serviks nie.

Hy beskryf die oorsaak van die beserings as “duidelike penetrasie met ’n skerp voorwerp”. Daar kon weens die omvang van dié beserings nie vasgestel word of sy verkrag is nie.

Luidens die verslag van dr. Wilhelm van Heusden is mev. Alice Lotter (76) dood weens verstikking en versmoring ná die inaseming van bloed weens penetrerende steekwonde in haar nek en keel.

Regter S.P.B. Hancke het gister in die binneverhoor in die verhoor van die twee beskuldigdes, mnre. Joseph Hlongwane (22) en Joseph Khumalo (21), bevind Hlongwane se bewerings dat hy deur die polisie gedreig, gedwing en voorgesê is wat hy in sy vroeëre bekentenis moet sê, is onwaar.

Regter Hancke het beslis dat Hlongwane die bekentenis, met detail-beskrywings oor hoe die aanval op die twee Lotter-vroue plaasgevind het en wat in hul huis gesteel is, vrywillig afgelê het en dit as getuienis toegelaat word.

Dit kom ná getuieis in dié verband deur landdros J.A. Smith van Wesselsbron voor wie die bekentenis afgelê is, asook kapt. Francois Laux wat by die uitwysings betrokke was, ao. James Mahlatsi, die ondersoekbeampte, en kapt. André Niemann wat Mahlahtsi na Smith in Wesselsbron gebring het.

– Volksblad

Oorsprong:Volksblad



Mokaba legacy fuels farm murders – AfriForum
June 6, 2010, 9:55 pm
Filed under: Uncategorized

2010-06-03 19:04

Potchefstroom – AfriForum Youth said on Thursday it was concerned about farm murders.

“In most cases the accused are young people,” chairperson Ernst Roets said outside the Potchefstroom Magistrate’s Court where the case against three men accused of murdering a North West farmer was postponed.

Simphiwe Tuen, Jonathan Sekgane and Soul Letsie would appear again on June 10 while the case was investigated further.

The investigating officer, Warrant Officer Pretorius, told the court he was waiting for results on fingerprints and from blood found on a shoe at the scene of the murder.

The three allegedly killed Johan Strydom at his Buffelshoek farm outside Potchefstroom and dragged him behind a bakkie in May.

Documentary

Roets said young people were being misled by the former ANC Youth League president Peter Mokaba’s song “Shoot the boer, shoot the farmer”.

He said AfriForum Youth were producing a documentary highlighting farm murders and HIV/Aids to raise international awareness of the situation in South Africa.

“There have been more than 2 000 farm attacks in recent years, not only white farmers were killed but black farmers were also being killed,” he said.

The documentary, expected to be released next week, would be distributed on the internet, at various embassies and some copies would be handed to the ANCYL.

Roets said the documentary would reflect the true legacy of Mokaba, whom he described as an Aids denialist and instigator of farm murders.

He said naming a World Cup soccer stadium in Polokwane after Mokaba portrayed him as a hero and was “spitting” on victims of farm attacks.

Legacy

“Look what his legacy is doing to young people… they are arrested for killing farmers.”

He said young people were of the opinion that killing a farmer elevated them to the status of heroes.

“The documentary will tell the public what Peter Mokaba stands for, it asks whether they (the public) will play in a stadium named after him.”

Roets said they had intended to protest at the court but were not granted permission to do so.

“We are told there is a moratorium on protests until the end of the World Cup, we feel we were denied our right to protest,” he said, adding that they would apply for permission to protest next week when they launch the documentary.

– SAPA

Source:News24



Slagoffer het haar ‘teëgesit’
June 6, 2010, 8:34 pm
Filed under: Uncategorized

2010-06-02 01:39
Jana Engelbrecht

KIMBERLEY. – Mev. Hettie Uys (72) van Huis Stillerweë het ’n rukkie ná die grusame aanval in die Weseinde-begraafplaas in Kimberley beswyk. Beserings aan haar kop en die swelling van haar brein het dit aangedui, het dr. Adin Don Surtie van die regsmediese laboratorium in die stad gister in die hooggeregshof getuig.

Uys se lyk was oortrek met kneusplekke en beserings.

Die weduwee is op 18 Januarie verlede jaar in die Weseinde-begraafplaas oorval terwyl sy blomme op haar man se graf gesit het.

Mnr. Andries Mohale (22) het vroeër skuld op aanklagte moord, verkragting en roof voor waarnemende regter B.M. Pakati ontken.

Surtie het gesê Uys se skedel was gekneus; haar oë was geswel en haar vingerpunte was pers. Op haar wang en voorkop was die trapmerke van ’n skoen. Uys is klaarblyklik verwurg. Bloeding is op albei kante van die brein aangetref. Sy het skaafmerke op haar regterarm en bobeen gehad.

Mnr. John Fourie het getuig hy het die oggend van die voorval ’n groen motor in die begraafplaas opgemerk. Die motor se deur was oop.

“Ons het my seun se graf skoongemaak. Ek het niemand by die motor gesien nie. Ek het gedink dit is gesteel.” Hy het twee voete sien uitsteek toe hy verbyry.

“Ek het dadelik uitgeklim. Die vrou het daar gelê. Haar onderklere was uitgetrek. Sy was heeltemal kaal van haar middellyf ondertoe. Haar gesig was vol bloed.

“Ek het die polisie gebel en gewag totdat hulle opdaag. Ek het ’n bebloede klip ’n entjie verder gewaar.”

Mnr. Monapule Windvogel (19), wat eers ’n verdagte was, het as ’n art.204-getuie vir die staat getuig. Hy het vertel hoe hy, Mohale en ’n 16-jarige seun die oggend van die voorval mense gesoek het om te beroof.

“Ons het die vorige aand gedrink. Ons het nie meer geld gehad nie.”

Die vriende het buite die begraafplaas gesit. “Seun (Mohale) het vir my gesê ek moet sigarette koop.”

Windvogel het van sy vriende by die winkel ontmoet en eers saam met hulle dagga gerook voordat hy teruggegaan het.

“By die begraafplaas aangekom, het ek nie vir Seun gewaar nie. Toe ek mooi kyk, het ek hom op die grond gesien.”

Mohale het tussen ’n groen motor en ’n boom gehurk.

“Ek het ’n vrou se voete opgemerk. Sy het op haar rug gelê. Sy was nie dood nie, want haar linkerbeen het nog beweeg.

“Haar onderlyf was kaal en haar kop was vol bloed.”

Mohale het in die motor geklim. Hy het ’n bruin beursie uitgehaal wat hy op die grond gegooi het.

Hulle het toe na Donkerhoek in Galeshewe gegaan om verder te drink.

Mohale het vir Windvogel gesê hy het die vrou aangerand, omdat sy haar “teëgesit” het toe hy haar wou beroof. Hy het haar met ’n klip teen die kop gekap.

Die verhoor duur vandag voort.

– Volksblad

Oorsprong:Volksblad



Afrikaner-"sagtemag" in die Lae Lande
June 6, 2010, 8:13 pm
Filed under: Uncategorized



Dinsdag, 01 Junie 2010 09:18
Dan Roodt

Ek sit hier in die Eurostar-sneltrein van Brussel na Londen en het nou vir die eerste keer weer tyd om oor die PRAAG-toer deur Europa te berig. Ons besoek het eintlik al my verwagtinge oortref, want ná ons vriendelike ontvangs in Swede, het ‘n mens byna oorstelp gevoel met die gasvryheid en meegevoel van die Lae Lande, sowel Nederland as Vlaandere.

Oor die eeue vandat Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het, het ons verhouding met die Lae Lande hoogtepunte en laagtepunte beleef. ‘n Onlangse laagtepunt was die kulturele boikot deur Nederland in die sewentiger- en tagtigjare, maar wat nie deur Vlaandere gevolg is nie.

Kort ná ons aankoms in Brussel het ek na Antwerpen vertrek vir ‘n ete aan huis van die Vlaams Belang se leier, Filip de Winter. Ek en ‘n ander groot vriend van die Afrikaners, Jared Taylor van American Renaissance, is saam deur Annick Deneve, die Vlaams Belang-leier se sekretaresse, in Brussel opgelaai en daarna na Antwerpen geneem. In die motor gesels ek en Jared land en sand oor Suid-Afrika, asook sekere raakpunte tussen ons en die Amerikaanse Suide.

Benewens die volksmoord op Afrikaners, is selfbeskikking die ander hooftema van hierdie toer. Net soos die Afrikaners met hul vele pogings tot onafhanklikheid, soos Stellaland en Goosen, asook die Boererepublieke, het die Suidelike Amerikaners telkens selfregering nagestreef, eers teen die Britte en toe teen die Yankees, maar tydens die Amerikaanse Burgeroorlog is hulle natuurlik finaal deur Noorde verower, net soos ons deur die Britte in 1902 verower is. Ook die ses miljoen Vlaminge, die Nederlandssprekende volk in België, is besig met hul eie demokratiese vryheidstryd om onafhanklikheid en selfbeskikking te verkry. By die partykongres van die Vlaams Belang verlede Sondag het die volgepakte saal dikwels uitgeroep: “België barst!”, met ander woorde, dat die Belgiese staat besig is om tot niet te gaan en dat Vlaandere uiteindelik volle onafhanklikheid en ‘n staat sal verkry.

‘n Mens eet heerlik in België en die dinee by De Winter is uit die boonste rakke, met ‘n gehuurde sjef wat allerlei geregte vanuit De Winter se kombuis optower, vyf of ses gange as ‘n mens die kaas ná die hoofgereg insluit.

Eintlik is dit ‘n fondsinsamelingsdinee en die twintigtal mense bestaan meesal uit Antwerpse sakemanne wat die Vlaams Belang finansieel ondersteun. Aan tafel praat ek Afrikaans en al die Vlaminge volg my gemaklik. Trouens, ‘n gewaarwording wat al hoe sterker by my inslag gevind het, is dat ons taal, Afrikaans, ‘n mens eintlik toegang tot die hele Noord-Europa gee. Die Lae Lande, natuurlik, waar ons geredelik verstaan word, maar ook Duitsland, Switserland en die Skandinawiese lande waar ons met geringe moeite daardie tale kan aanleer, danksy ons taal se ooreenkomste wat woordeskat, sintaksis en selfs uitspraak betref.

Ek dink nie die meeste Afrikaners besef in watter mate ons Afrikaanse kultuur, soos ons volksliedjies en letterkunde, eintlik deel vorm van byvoorbeeld die Vlaamse kultuur nie. Op skool leer die meeste Vlaminge ons volksliedjies en kry ook blootstelling aan die Afrikaanse poësie. Een van die dames aan my tafel verduidelik hoe sy vir ‘n vriendin ‘n mooi gedig oor moederskap moes voordra en niks gepas in Nederlands kon vind nie. Daarna het sy op ‘n gedig van Elisabeth Eybers afgekom en dit het groot byval gevind.

Die aantreklikheid van Afrikanerkultuur vir sowel die Vlaminge as die Hollanders verteenwoordig ‘n soort “sagte mag” wat ons steeds uitstraal, in weerwil van ons huidige staatloosheid en oorheersing deur die ANC se swart rassiste. Huntington het mos gepraat van “harde en sagte mag” en het Amerika se popkultuur van Hollywood, Coca-Cola, McDonald en Levi-denims as deel van die land se “sagte mag” getipeer.

Twee dae ná die dinee by De Winter, sit ek in die Schiller-kafee op die Rembrandtplein in Amsterdam en vra ‘n Nederlandse joernalis van die koerant “De Pers” die vraag aan my: “Hoe sou jy die Afrikanerkultuur beskryf?” In 2006 het ek by die American Renaissance-kongres in Washington die frase, “Beethoven in die Bosveld” gebruik en ek herhaal dit teenoor hom. Dis nie dat alle Afrikaners Beethoven op die klavier of die viool speel nie, maar daardie kombinasie van Hoog-Europese gekultiveerdheid, geletterheid en finesse met die viriele jag- en pionierskultuur, is wat die Afrikaner ‘n unieke wese op hierdie planeet maak.

Meer oor ons besoek aan Amsterdam egter later. Ná die gesprek oor Elisabeth Eybers en die voortreflikheid van die Afrikaanse poësie met die welgeklede, welvarende Vlaminge aan tafel, versoek De Winter vir my en Jared Taylor om elkeen ‘n kort toespraak iewers tussen die hoofgereg en die kaas te maak, hy in Engels, ek in Afrikaans. In my kort praatjie verwys ek na ons swaarkry onder die juk van die ANC, maar ook na ons gemeenskaplike vryheidstryd om onafhanklikheid en vryheid te verkry. Ten slotte kwoteer ek die bekende woorde van I.D. du Plessis:

“Nee, soet is die stryd vir die stryder,

Al moet hy uiteindelik verloor;

Maar die man wat sy deelname weier,

Is die man wat sy nasie vermoor.

Die Vlaminge klap warm hande vir my enkele onvoorbereide woorde. Iemand komplimenteer my later selfs op my “grandiose toespraak”. In sy Engelse toespraak meen Jared Taylor dat hy my beny dat ek in ‘n taal wat so naby aan dié van die Vlaminge is myself verstaanbaar kon maak. Volgens hom stry ons almal, PRAAG, American Renaissance en die Vlaams Belang, dieselfde stryd ten behoud van die Westerse beskawing. Hoewel die proses van aftakeling by ons in ‘n veel meer gevorderde stadium verkeer, is ons problematiek van kultuurbotsing, asook rasse- en etniese verskille, deesdae die universele kwessies van die hele Westerse wêreld, insgelyks hier in Europa. Dus het ons waarskynlik vir die eerste keer in meer as ‘n eeu die kans om nie net onsself aan die buitewêreld verstaanbaar te maak nie, maar ook op gelyke voet deel te neem aan die Europese politieke en filosofiese gesprek.

Ek sal oor die volgende paar dae nog verder berig oor ons ontvangs in Nederland, asook by die kongres van die Vlaams Belang in Antwerpen en ons kuier by die jong Afrikaneraktiviste in Londen wat die betoging voor die SA ambassade op Trafalgarplein georganiseer het.
Wat PRAAG binnekort gaan bereik, is om ‘n wêreldwye versetnetwerk te vestig wat die destydse anti-apartheidsbeweging na amateurs gaan laat lyk. Daar gaan gereelde betogings voor SA ambassades wees, skakeling met media en besluitnemers in die meeste Europese lande en selfs internasionale organisasies, alles met die uitsluitlike doel om vir ons mense outonomie en grondgebied in Suid-Afrika te verkry waar ons vry van die ANC-juk kan leef.

Binnekort die volgende aflewering wat dit betref.

Oorsprong:Praag