Farm Murders


‘Plaasmoorde méér ná 1994’
May 20, 2010, 9:28 pm
Filed under: Uncategorized

2010-05-20 02:20
Charles Smith

BOTHAVILLE. – Die moorde op boere in Suid-Afrika het skerp ná 1994 toegeneem, sê mnr. Ivan Basson, wat die Muur van Herinnering vir slagoffers van plaasaanvalle hier help oprig het.

“Dit het skerp ná 1994 gestyg. Dit is mal, dis mal,” het hy voor die muur op Nampopark hier gesê op die dag wat mense oor die land heen protesoptogte teen misdaad gehou het.

Die beskermhere van die “moordmuur” het al sowat 1 600 name van slagoffers aangebring, hoewel internasionale syfers aandui dat sowat 3200 boere en hul vroue al op hul plase vermoor is.

Basson sê elke naam wat op die lys gevoeg word, word eers deeglik nagegaan. ’n Boer wat in ’n ongeluk op die plaas dood is, word nie as ’n slagoffer van ’n plaasmoord geag nie.

Hulle kon nie by 1994 begin nie, want dit kon as ’n rassistiese stap vertolk word. Daarom begin die lys op 31 Mei 1960. Maar wat hulle wél seker van is, is dat die aantal moorde ná 1994 skerp toegeneem het.

“Die idee met die muur is ons wil wys iets is verkeerd. Die regering het gesê ons lieg oor die aantal moorde. Dis hoe die muur ontstaan het: Ons wys hier vir hulle die naam, die plek én datum waarop hy of sy vermoor is. Niemand kan dit betwis nie.”

“Ons dink daar moet iets agter die moorde skuil. Daar is net te veel plaasmoorde. (Julius) Malema wou in Zimbabwe gaan uitvis hoe om grond af te neem. Ons dink daar is een rede hoekom die moorde gebeur: Moor die boer van die grond, verjaag hom met vrees. Die wyse waarop die moorde gepleeg word, is skrikwekkend.”

Die verskonings vir die moorde is in die meeste gevalle iets nietigs soos “die boer het my ma gevloek”, of hy is te min betaal. Die meeste mense, wit en swart, in die land is goeie mense. Hulle moet saamstaan en hierdie moorde stop, reken hy.

Basson sê ál meer mense in die buiteland begin kennis neem van wat hier gebeur. Daar was reeds optogte teen die slagting van wit boere in Londen en Swede. Nog sulke protesoptogte word in Amerika, Australië en Kanada beplan.

“Die mense wat aan die optogte deelneem, is nie rassisties nie. Hulle betoog met die nuwe Suid-Afrikaanse vlag omdat hulle die land lief het.”

Basson sê geen finansiële instelling wou met die oprig van die muur help nie? omdat hulle bang was dit het ’n politieke kleur.

“Hulle het egter geen probleem om geld vir die ANC te gee nie. Dan is dit nie politiek nie. Inteendeel, hulle val oor hul voete om geld vir die ANC te gee. Die feit is dat boere wat gesterf het, hul kliënte was. Hulle het geld uit dié boere gemaak.”

Die muur is met skenkings van R20 begin. Dit wys wat gedoen kan word, sê hy.

– Volksblad

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Plaasmoorde-m%C3%A9%C3%A9r-n%C3%A1-1994-20100520


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: