Farm Murders


Jansen-stellings is aanvegbaar
May 15, 2010, 11:56 pm
Filed under: Uncategorized

deur Boerseun
2010-05-13 22:48

Prof. Jonathan Jansen se rubriek, Pa, ons moet praat (11/5/10), verg kommenaar.

Dit is teen hierdie tyd al baie duidelik vir die lesers van Volksblad dat prof. Jansen deur die ANC getaak is om alle oorblyfsels van Afrikanerdom by die Universiteit van die Vrystaat uit te wis.

Dit is natuurlik in pas met die anti-blanke dokument, die Vryheidsmanifes. Sy uitsprake en rubrieke toon duidelik, om dit sag te stel, dat hy ’n absolute hekel aan volksnasionalisme en verskeidenheid het.

Die Afrikaner moet ten alle koste in die prof se reënboogpot geroer word. En as jy durf aandring op ’n eenpot-gereg, is jy ’n kits-rassis.

In vermelde rubriek maak die slim prof weer ’n paar hoogs aanvegbare stellings. Een hiervan is dat “die langtermyngevolge van (’n pak slae) skadelik vir die emosionele welstand en intelligensie van ’n kind (is)”.

Sjoe! Dit sou die implikasie hê dat miljoene Afrikaners wat in die goeie ou dae op skool en tuis pakslae geky het, in verwarde en dom volwassenes ontpop het.

Dit is nou dieselfde dom Afrikaners wat hierdie land uit sy sluimer-en-slaap wakker gemaak, en tot modelstaat opgebou het.

Volgende word die arme Ventersdorpers, weens hulle “lae IK en hoë testosteroon”, tot heethoofdige agterlikheid verdoem.

Dit nou na aanleiding van mense en gebeure wat prof. Jansen op televisie dopgehou het ná die moord op Eugene Terre ‘Blanche.

Ek wonder watter deel van Ventersdorp se gemeenskap volgens sy oordeel, die lae IK het? Dalk die swart skare wat die moordenaars by die hof kom ondersteun het? Nee, heel waarskynlik eerder diegene in khaki wat die Vierkleur geswaai het! Die Boere is mos immers die ANC se vyand.

Prof. Jansen, bepaal jou eerder by jou eie wankelende Toring van Babel, en hou op om klippe te gooi na almal en alles wat nie jou en die ANC se standpunte gedienstig is nie.

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/MyVolksblad/Briewe/Jansenstellings-is-aanvegbaar-20100513


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: