Farm Murders


Malema skuldig bevind op een van vier klagte
May 13, 2010, 4:53 pm
Filed under: Uncategorized

2010-05-11 22:46
Cobus Coetzee

Mnr. Julius Malema, ANC-jeugleier, is gister in sy interne ANC-tugverhoor skuldig bevind op een van vier klagte: dat hy pres. Jacob Zuma geminag het deur tydens die jeugliga se provinsiale kongres in Limpopo te sê nie eens oudpres. Thabo Mbeki tugtig hom soos wat Zuma dit in die openbaar doen nie.

Malema se straf behels dat hy Zuma in die openbaar om verskoning moet vra, die ANC se politieke skool vir 20 dae moet bywoon en ’n R10 000-boete moet betaal aan ’n jeugorganisasie van die ANC-sekretaris-generaal se keuse.

Intussen het die studente-organisasie Sasco gesê Malema se steun aan die Zimbabwiese Zanu-PF is opportunisties, verdelend en populisties.

Sasco is die grootste studente-organisasie en het sowat 16 000 lede, van wie die meeste ook lede van die ANC-jeugliga is.

Die studente het voor die uitslag van die tugverhoor gesê hulle sal dit aanvaar as Malema skuldig bevind word.

“Dit is duidelik hy is volkome geZanufiseer,” het mnr. Mbulelo Mandlana, president van Sasco, in die ANC se Luthuli-huis in Johannesburg gesê.

Malema het verlede maand ná ’n Zimbabwe-besoek sy steun aan Zanu-PF uitgespreek en die MDC ’n Mickey Mouse-party genoem.

“Dit was verkeerd,” het Mandlana gesê.

Volgens Sasco is daar ’n kortsigtigheid onder ANC- en spesifiek jeugligalede wat hulle toenemend by ’n kultuur skaar waar lede net rykdom wil bekom.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Malema-skuldig-bevind-op-een-van-vier-klagte-20100511


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: