Farm Murders


Regse komplot onthul, of nie?
May 11, 2010, 11:59 pm
Filed under: Uncategorized

Deur Radio Pretoria.

Verlede week pryk dit op die plakkate van koerante in die strate: “Regse komplot opgerol, bomplanters gearresteer.” Die His Masters’ Voice van die ANC, die SABC, maak dit hoofnuus op sy nuusbulletins.

Uiteindelik. Almal het dit verwag na die gruwelike moord op meneer Eugene Terre’Blanche: die sogenaamde vêrregses gaan uiteindelik moeilikheid maak, want almal weet dat die Boerevolk briesend kwaad is. Hulle was te lank stil, niemand het gekoördineerde dom dinge gaan doen nie. Die yster dissipline wat heers onder die Boerevolk, is vir die regering ‘n steen des aanstoots, selfs waarskynlik ‘n bron vir ongekende vrees. Daarom moet daar eenvoudig iets gebeur. En as dit dan nie gebeur nie, moet dit maar so ‘n bietjie aangehelp word.

Waarskynlik is die Verkennersbeweging heeltemal korrek in hulle ontleding dat die sogenaamde vêrregses wat gearresteer is, net ‘n foefie is van die Kommuniste om ‘n soort revolusie binne hulle reeds voortwoedende revolusie te kweek.

Die ANC se minister van polisie het die aankondiging van die “verregses” wat gearresteer is, gemaak voor die parlementêre portefeuljekomitee. Sy ANC-revolusiemaatjies, dus. Omdat wet en orde nie meer bestaan nie met meer as vyftig moorde per dag, moes hy ‘n weerligafleier kry om sy revolusiemaatjies tevrede te hou, en die afgelope sestien jaar onder ANC-verdrukking het al geleer dat niks so goed werk as om ‘n regse of wit gevaar te skep nie. Dit lei dadelik die aandag af van alle tersaaklike dinge.

Dieselfde naweek dat meneer Eugene Terre’Blanche vermoor is, het His Masters’ Voice ook berig dat daar gesoek word na ‘n wit dubbelkajuitbakkie iewers in Oos-Transvaal waaruit daar geskiet is op ‘n minibus-taxi. Dit was sommer ook die laaste wat gehoor is van die hele saak.

Nou is daar weer op ‘n beweerde regse komplot afgekom om plofstof in swart woonbuurte te gaan toets. Selfs Rooikappie sou waarskynlik swaar gesluk het aan so ‘n storie. Verder word daar gegis oor hoeveel mense gearresteer is en aan welke organisasie hulle verbonde is. Radio Pretoria het met al sy krag en middele beskikbaar probeer vasstel watter organisasies betrokke sou wees, maar ons soeke het op niks uitgeloop nie, waarskynlik omdat dit doodgewoon ‘n wolhaarstorie was.

Waarop ons wel afgekom het, is dat, toevallig dieselfde naweek as die moord op meneer Terre’Blanche, die polisie wel skynbaar toegeslaan het op mense wat onwettige wapens besit het en wat hulle nie ingehandig het gedurende die amnestietydperk nie, en waarvan die polisie bewus was. Enkele arrestasies is skynbaar daaroor gemaak, maar dit het totaal niks met ‘n vêrregse komplot te doen gehad nie, die mense was sovêr vasgestel kon word, nie eens lede van die bekende organisasies nie, en ook nie besig met ‘n soort staatsgreep nie. Skynbaar het die minister hierdie arrestasies gebruik om homself belangrik te laat lyk asof hy nou ‘n formidabele komplot oopgevlek het. Daarmee saam poog hy om volksgenote wat wel besig is om te organiseer om hulleself te beveilig, en wat hulle vryheidsideaal wil verwesenlik, die skrik op die lyf te jaag en hulle van hulle planne te laat afsien.

Vir die minister wag daar waarskynlik ‘n groot ontnugtering. Ons volk het sy vrees afgeskud, en dit kos meer as fabels om hom weer bang te maak. Die volk het na die Ventersdorpse landdroshof in duisende opgeruk, ten spyte van dreigemente van arrestasie. Die volk het in nog baie meer duisende opgeruk na die begrafnis op Ventersdorp, ten spyte van dreigemente dat Cosatu ‘n groot byeenkoms ‘n klipgooi daarvandaan gaan hou. Sedertdien daag die volk in sy duisendtalle op by openbare vergaderings om betrokke te raak in veiligheidsnetwerke, en by instansies wat werk vir die republikeinse vryheid vir ons volk.

Die gees van volksnasionalisme het weer in beweging gekom. Volksnasionalisme is ‘n wêreldwye verskynsel. Volksnasionalisme kan nie in tronke gestop word nie en ken geen vrees nie. Daardie gees leef nou in ons sterker as ooit, en sal eers weer tot bedaring kom in ‘n eie vrye volksrepubliek. Intussen gaan ons nie val vir publisiteitsfoefies en intimidasie deur die ANC-bewind nie.

Oorsprong:Radio Pretoria
http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: