Farm Murders


Twee wat pa op snelweg vermoor, moet lank sit
May 8, 2010, 10:42 pm
Filed under: Uncategorized


Jabu Sambo (26), een van mnr. Johan Griesel se moordenaars, gister in die hooggeregshof in Johannesburg. Hy is effektief tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.Foto: Susan Cilliers

2010-05-07 21:55
Susan Cilliers

Twee mans wat ’n pa van twee in 2008 koelbloedig doodgeskiet en sy lyk langs die N12-snelweg laat lê het, is gister tot altesame 80 jaar en ses maande tronkstraf gevonnis.

Regter G.M. Makhanya het in die hooggeregshof in Johannesburg gelas dat van die vonnisse gelyklopend uitgedien word.

Thabiso Moseme (32) en Jabu Sambo (26) sal effektief onderskeidelik 28 jaar en 25 jaar agter tralies wees weens die moord op mnr. Johan Griesel (35).

“Niks sal my broer terugbring nie,” het mnr. Dewald Griesel ná die vonnisoplegging gesê.

Hy het vertel sy broer was ná die moord ’n paar dae vermis, maar dat iemand in die Diepsloot-lykshuis besef het een van die onopgeëisde lyke is dié van die vermoorde Griesel.

Sy familie het kort tevore sy foto op die teenmisdaadnetwerk eBlockwatch se webwerf gesit, waarna iemand die lyk as dié van Griesel herken het.

Griesel het twee dogters, Zane (12) en Hanushka (15). Hy was geskei.

Makhanya het gister in sy vonnisoplegging gesê dit was nie genoeg vir Sambo en Moseme om Griesel te vermoor nie, maar hulle het hom ook verneder. Sy broek was afgetrek toe sy lyk gekry is.

Griesel het die aand van sy dood op die N12-snelweg naby Eldoradopark stilgehou toe hy van Johannesburg na Potchefstroom op pad was.

Moseme het Griesel uit die voertuig getrek en in die bolyf geskiet.

Hy en sy makker is toe vort terwyl hulle Griesel langs die pad laat lê het. Sy lyk is die volgende oggend gevind.

Makhanya het gesê daar is versagtende omstandighede, onder meer dat Moseme ’n eerste oortreder is en Sambo uit uiters armoedige omstandighede kom.

Die hof het gister gehoor niemand in sy gesin werk nie en hulle leef van ’n toelae van R200 per maand.

“Lewenslange tronkstraf moet net opgelê word as die skuldiges geen tweede kans verdien nie,” het hy gesê.

Twee maatskaplike werkers het vroeër getuig Moseme as Sambo ontken steeds hulle het Griesel vermoor en het gevolglik ook geen berou nie.

Albei is skuldig bevind aan moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Twee-wat-pa-op-snelweg-vermoor-moet-lank-sit-20100507


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: