Farm Murders


Lyk my ons in SA moet ons kinders nou leer om weg te kruip as hulle polisie sien
May 8, 2010, 10:27 pm
Filed under: Uncategorized

deur Melindie Hart van Northriding
2010-05-07 22:02

Die berig “Boer vrygespreek wat 4 onwettiges op plaas vang” spreek van die algehele onbevoegdheid en vooroordeel wat op die oomblik in die polisie heers.

Die opvatting dat misdaad gekoppel kan word aan armoede word wyd gehandhaaf.

As mens na China kyk, is dit nie waar nie.

In China heers groot armoede, selfs hongersnood, daar is geen werkloosheidstoelaes nie, maar geweldmisdaadsyfers is uiters laag.

Hoekom? Doeltreffende polisiëring.

In Suid-Afrika is geweldmisdaadsyfers nie hoog weens armoede soos wat die regering en sommige organisasies ons wil laat glo nie.

Nee, dis hoog weens die skrikwekkende misdadige element wat in die polisie betrokke is.

Die 10 000 polisielede wat in die tronk is, bewys die stelling.

Die skrywer van die brief “Die polisie laat my onveilig voel” is dus heeltemal reg.

Ons in Suid-Afrika is in ’n catch-22.

Stop jy vir die polisie, natuurlik ten volle gekleed in polisiedrag met polisiemotors, kan jy amper seker wees dat jy beroof of vermoor gaan word.

Maar stop jy nie, sal daar op jou geskiet word, want die polisie mag dit doen. Geen haan sal daarna kraai nie.

As kind is ek geleer dat die polisie daar is om jou te help en te beskerm.

As jy in die moeilikheid was, kon jy na die naaste polisieman gaan. Ek weet nie heeltemal wat om my kinders te leer nie. Seker maar iets soos kruip weg as jy ’n polisieman sien.

Ns. Apologie aan al die polisiemanne wat die werk as ’n roeping beskou en hul bes doen.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Lyk-my-ons-in-SA-moet-ons-kinders-nou-leer-om-weg-te-kruip-as-hulle-polisie-sien-20100507


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: