Farm Murders


‘Sluit Afrikaanse skole’ sê Cosas
May 2, 2010, 6:39 pm
Filed under: Uncategorized

2010-05-01 05:47

Johannesburg – Die Congress of South African Students (Cosas) het Vrydag daarop aangedring dat alle skole wat Afrikaans as die primêre medium aanbied, moet sluit.

“Cosas veroordeel enige rassistiese neigings wat daarop uit is om die deure toe te maak vir swart studente deurdat dié skole Afrikaans as die hoof medium aanbied,” het Oagile Louw, provinsiale sekretaris in ‘n verklaring gesê.

Hy het bygevoeg dat dit meestal in die Wes Rand is wat Afrikaanse skole onder “rassistiese Afrikaanse bestuur” is en dat dié skole die “inheemse volk van Suid-Afrika en Afrika as geheel” uitsluit deurdat hulle onderrig in “onoorspronklike Afrikaans” aanbied.

“Ons dring dus daarop aan dat sulke skole sluit.”

Cosas het ook lede van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadtu) gewaarsku dat die ontwrigting van skole nie geduld sal word nie.

Sulke lede is, volgens Cosas, nie verbind tot kwaliteit onderwys nie.

– Sapa

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Sluit-Afrikaanse-skole-s%C3%AA-Cosas-20100501


1 Comment so far
Leave a comment

Elke student het n reg.Dink aan die ontwrigting wat studente sal moet deurgaan. Hou op om aan julleself te dink!!!!!!!!!! As Afrikaans Medium die enigste skole is wat moet sluit dan diskrimineer julle ook mos!!!!!!!!! Wat maak dit nou tog saak om jou werk in Afrikaans of Engels of Sotho of Sepedi of zoeloe te ontvang…DIE STUDENTE LEER MOS!!!!!

Comment by Ansie




Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: