Farm Murders


Vermeende babaslaners wil vrygelaat word
April 29, 2010, 2:15 pm
Filed under: Uncategorized


Nelson Maphosa en Geraldt Nyantumbo

2010-04-29 00:16
André Damons

JOHANNESBURG. – Die twee Mosambiekse bouers wat daarvan aangekla word dat hulle ’n eenjarige baba en haar oppasser erg aangerand en byna vermoor het, het gister vir “gratis borgtog” in die Johannesburgse landdroshof gevra – hoewel hulle nie verskyn het vir ’n formele borgtogaansoek nie.

Mnre. Nelson Maphosa (28) en Geraldt Nyantumbo (25) het gister die tweede keer verskyn nadat hulle Saterdag in Alexandra gevang is. Hulle word aangekla van poging tot moord en roof met verswarende omstandighede.

Landdros Simon Radasi het met behulp van ’n Shangaan-tolk die mans se regte aan hulle voorgelees, maar hulle nie gevra om te pleit nie.

Net voordat hulle teruggevat is selle toe, het Nyantumbo sy hand opgesteek om te praat. “Ek het kinders om na om te sien en moet daarom op gratis borgtog vrygelaat word,” het Nyantumbo aan Radasi gesê.

Maphosa het in ’n sagte stem gesê toe die polisie hom in hegtenis geneem het, het hulle gesê hulle is op soek na sy broer wat ’n gesteelde selfoon aan Nyantumbo verkoop het.

“En dit is hieroor dat ek op gratis borgtog vrygelaat moet word,” het hy gesê.

Radasi het vir hom gesê die aanklagte voor hom is poging tot moord en roof met verswarende omstandighede, voordat hy giggelend by die mans wou weet wat “gratis borgtog” is. Hy het die twee ook gewaarsku dat die klagte teen hulle ernstig is en dat hulle daarvoor minstens 15 jaar tronkstraf kan kry.

Nyantumbo het met sy arms gevou gestaan en meesal die praatwerk gedoen. Albei het moeg en senuagtig voorgekom en dit het gelyk of hulle verwag het om dalk wel vrygelaat te word.

“Weens die aanklagte teen julle, kan ek julle nie op jul eie vrylaat nie,” het Radasi gesê.

Hy het die saak tot 12 Mei uitgestel sodat die mans se dokumente nagegaan kan word en die polisie ook verdere ondersoeke kan doen. Hulle kan dan ook om regsverteenwoordiging aansoek doen.

Die twee mans het na bewering verlede Donderdag saam met ’n derde man, mnr. Chakhoma Machaba (28) – ook ’n Mosambiekse burger en vermoedelik die opperbrein – by mnr. Bertus Kruger en sy vrou, Madelein, se huis in Robindale, Randburg, ingebreek en hul eenjarige baba, Marzaan Kruger, en me. Francina Sekhu, haar oppasser, wreed aangerand.

Die mans het vroeër as bouers by die Krugers se huis gewerk.

Die polisie is steeds op soek na Machaba, wat Sekhu later gesê het is haar vriend.

Me. Liezl Furlong, woordvoerder van die Sandton-Medi-Clinic, het gister gesê hoewel Marzaan steeds in ’n ernstige toestand is, het sy “klein verbetering” getoon. Sy word egter onder verdowing gehou.

Sekhu is steeds in ’n stabiele toestand.

– Volksblad

Oorsprong:Beeld
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Vermeende-babaslaners-wil-vrygelaat-word-20100428


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: