Farm Murders


Varknekke!
April 27, 2010, 11:27 pm
Filed under: Uncategorized

24/04/2010 17:00
Yolanda Barnard

’n Oormag swaar gewapende swart polisiemanne het ’n Afrikaanse kuierkroeg binnegestorm, hulleself aan vroue se borste vergryp, besittings gesteel en rassistiese aanmerkings gebulder.

“Because you are white and you sing a freedom song” het die polisie hulle walglike optrede verduidelik.

Selfs die sanger MD Greyling, wat die aand in Le Cafe Des Sports in Lephalale (Ellisras) opgetree het, moes met sy hande teen die muur gaan staan, terwyl orige pote sy lyf betas het.

“Dit is nie asof ek ’n vuurwapen of dwelms aan my gehad het nie. Ek het maar net gesing.”

Maar die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes wat verlede Vrydagnag in die kroeg gekuier het, het nie op hulle laat wag nie en gereageer deur Die Stem uit volle bors te sing.

Die gedreun van die ou Suid-Afrikaanse volkslied het die polisie verder so ontstel dat die aanvoerder van die sowat sestig polisielede glo opdrag gegee het dat almal voor die voet deursoek, getreiter en betas moet word.

Steve Geldenhuys, die kroegeienaar, het ’n klag van crimen injuria teen ’n lt.kol. Shokwane gelê nadat dié in sy gesig geskree het: “fuck you”.

Nog een van die vroue-klante wat ’n slagoffer van die boelies in blou was, het ’n klag van aanranding gelê. Verskeie vroue het ook diefstalklagtes gelê.

Steve vertel: “Die kroeg was stampvol. Net so voor eenuur het polisiemanne op die kroeg toegesak.

“Hulle wou my dranklisensie sien. Ek het dit vir hulle gewys en hulle het alles in orde gevind.

“Nugter alleen weet hoekom hulle dit daardie tyd van die oggend wou sien.

“In daardie stadium het ’n spul polisiemanne by die ingang gestaan. Hulle het my kliënte begin rondstamp. Hulle was duidelik op soek na konflik.”

Volgens Steve het die polisie toe daarop aangedring dat Hugo en MD moet ophou musiek maak.

“Ek het geweier. Ek betaal hulle om te sing. Die volgende wou die hele spul my plek binnekom om die mense te deursoek.”

’n Plaaslike landdros, wat toevallig ook die aand daar gekuier het, het gesê hulle mag nie sonder ’n lasbrief kliënte deursoek nie. Steve is na buite waar hy die boodskap oorgedra het.

Hy sê Shokwane het geskree: “fuck you and fuck the judge!” en het sy manne opdrag gegee om die mense vir dwelms en wapens te deursoek.

Sommige van die polisiemanne het selfs in die vroue se handsakke gekrap, goed daaruit gevat en dit nooit vir hulle teruggegee nie.

MD vertel dat hy en Hugo besig was om De la Rey te sing, toe die manne, met koeëlvaste baadjies, die kliënte begin treiter en deursoek het.

“Ek het vir Hugo gesê ons moet ophou, want hier kom moeilikheid. Hy’t het gesê ons moet sing.”Dié twee het weer losgetrek met “De la Rey De la Rey, sal jy die boere kom lei.”

Die mense het toe ook eers die polisie gewaar en nie meer na MD en Hugo geluister nie.

“Ek het van die verhoog af ge-stap en deur die massas buite toe gebeur. Ek wou weet wat aangaan,” vertel MD. Die laaste note van De la Rey het skaars verdwyn toe die crowd spontaan lostrek met Die Stem.

Dit is toe dat ’n woedende woordewisseling tussen Steve en Shokwane losgebars het.

“Your people are singing freedom songs,” het hy glo vir Steve gebulder.

Steve het teruggekap: “Dis die volkslied.” Shokwane het woedend gebewe: “Your people are not under control!”

Steve het sarkasties teruggesnou: “Dit is vreemd, want ek sien nie dat iemand ’n baksteen na julle gegooi het of ’n motorband gebrand het nie.”

Terwyl die bekgeveg woed, het die cops die vroue hardhandig begin deursoek en betas.

En toe die vroue skree dat die polisie hulle hande van hulle moet afhou, het hulle traangas tussen die mense ingespuit.

MD het besluit om te doen wat die polisie hom vra.

“Ek was net nie lus vir moeilikheid nie. Dit was chaos. Party van die vroue het geskree: ‘Don’t fuck-ing touch me!’ Ek het gesien hoe die polisie aan die vroue se borste vat. Hulle was vreeslik arrogant. Ek het net twee wit polisiemanne gesien. Hulle het buite rondgestaan.”

MD sê: “Almal het lekker gekuier tot die polisie daar ingestorm het.”

MD sê hy is trots op die ou volkslied en is glad nie skaam om hom te sing nie. “Niemand verbied ons om dit te sing nie.”

Lt.kol. Ronel Otto, Limpopo se polisiewoordvoerder, het die klagtes bevestig.

“Die polisie is besig met ’n indringende ondersoek.”

G’n teen die wet om ou volkslied te sing

Die cops het op ses kuierplekke in Lephalale toegeslaan. Le Cafe Des Sports was nie die enigste een wat geteiken is nie.

Dit het lt.kol. Ronel Otto, Limpopo se provinsiale polisiewoordvoerder, gesê toe Sondag haar om kommentaar genader het oor die gebeure by Le Cafe Des Sports.

“Dié operasie was een van baie in Limpopo.”

Ronel sê die klagtes van onder meer diefstal, betasting en crimen injuria gaan deeglik ondersoek word.

“Ons sal teen polisielede optree as hulle skuldig bevind word.”

Sy sê polisiemanne mag nie aan vroue raak nie; net vrouelede mag hulle deursoek. En die polisie mag niemand verbied om die ou volkslied te sing nie.

“Ons mag ook nie aan kroegeienaars voorskryf watter musiek hulle mag speel nie.”

Op die vraag waarom so baie polisielede aan die klopjag deelgeneem het, sê sy: “Dit is ’n spesiale operasie en die polisie weet nie wat kan gebeur nie. Hulle lewens kan ook bedreig word.”

Sy ontken die polisie het traangas gebruik. “Dit word al lankal nie meer gebruik nie.”

Volgens Ronel is ’n paar mense, wat vuurwapens by hulle gehad het terwyl hulle onder die invloed was, gearresteer. ’n Klein hoeveelheid dagga is ook gekry.

Oorsprong:Sondag
http://jv.news24.com/Sondag/Nuus/0,,2192-2193_2580812,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: