Farm Murders


Staat vra dat 2 wat doodskiet lewenslank kry
April 24, 2010, 10:24 pm
Filed under: Uncategorized

2010-04-23 21:41
Susan Cilliers

Twee mans wat ’n motoris koelbloedig langs die pad doodgeskiet en hom van sy bakkie beroof het, moet lewenslank tronk toe gaan omdat hul dade “barbaars was en geen straf daarvoor kan vergoed nie”.

So het adv. Sifiso Khumalo, vir die staat, gister in die hooggeregshof in Johannesburg betoog.

Thabiso Moseme (32) het mnr. Johan Griesel op 16 Augustus 2008 doodgeskiet terwyl hy en Jabu Sambo (26) hom op die N12-snelweg van sy Ford Bantam-bakkie beroof het.

Albei is skuldig bevind aan moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Hulle word op 7 Mei gevonnis. “Hulle verdien geen genade nie omdat hulle nie berou oor hul dade het nie. Daar was geen rede hoekom hulle hom moes vermoor nie,” het Khumalo gister gesê.

Maatskaplike werkers het getuig Moseme en Sambo ontken steeds hulle het die misdade gepleeg.

Griesel het sy bakkie die aand van sy dood op die N12-snelweg naby Eldoradopark geparkeer toe hy van Bryanston in Johannesburg na Potchefstroom onderweg was.

Moseme het Griesel uit die voertuig getrek en in die bolyf geskiet.

Hy en sy makker is toe vort terwyl hulle Griesel langs die pad laat lê het. Sy lyk is die volgende oggend gevind.

Me. Jessica Payne, ’n maatskaplike werker, het getuig dis vreemd dat Moseme so ’n ernstige misdaad gepleeg het omdat hy toe geen misdaadrekord gehad het nie.

Hy is goed opgevoed, het ’n werk gehad en nie gebrek gely nie. Payne meen dat hy dalk in die toekoms, terwyl hy sy tronkstraf uitdien, gerehabiliteer kan word.

“Nou toon hy egter geen insig in wat hy gedoen het nie. Elkeen van die aanklagte waaraan hy skuldig bevind is, wys hy is ’n gevaar vir die samelewing.

Dis ernstige misdade en die gemeenskap kyk in sulke gevalle op na die howe om swaar strawwe op te lê.”

Me. Yvonne Ndlovu, die ander maatskaplike werker, het gesê Sambo het ’n kort humeur, is aggressief en dat selfs sy ma tevore ’n klag van eiendomsbeskadiging teen hom ingedien het.

Albei maatskaplike werkers het direkte tronkstraf vir albei oortreders aanbeveel.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Staat-vra-dat-2-wat-doodskiet-lewenslank-kry-20100423


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: