Farm Murders


Vrou in koma sedert sy in hoewe-aanval geskiet is
April 22, 2010, 9:21 pm
Filed under: Uncategorized


2010-04-22 09:00
Hilda Fourie

Hy praat met haar en is seker dat sy hom hoor. “Maar mense, moet asseblief net nie ophou om vir my vrou te bid nie.”

So het mnr. Jurie Steenberg (47) gister gepleit vir sy vrou, Suna (43), wat Vrydag by hul huis op ’n hoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, deur misdadigers in die kop geskiet is.

Sedert Steenberg op sy vrou afgekom het nadat sy geskiet is, waak hy langs haar bed in die hoësorgeenheid van die Montana-hospitaal. Hy gaan net huis toe om te bad en skoon aan te trek.

Volgens Steenberg is sy vrou se toestand bedenklik, maar stabiel. Al is sy in ’n koma, haal sy op haar eie asem en haar hartklop en bloeddruk is stabiel.

Oor die voorval kan Steenberg nie veel sê nie omdat hy nie tuis was toe dit gebeur het nie.

Al wat hy weet, is dat daar baie skote was en op ’n kort afstand op sy vrou geskiet is. Daarby moes die misdadigers mev. Steenberg ook erg aangerand het, want benewens die beserings aan haar gesig is een van haar voortande ook gebreek. Sy is in die kop, hand en been geskiet. Niks is geroof nie.

Steenberg was eerste op die toneel nadat mev. Poppie Steenberg (75), sy ma, om hulp geroep het.

Steenberg het die Kameeldrift-polisiekantoor, die Advanced Paramedic Assist-nooddienste, lede van die Gebiedsbeskermingsaksie (GBA) in Leeuwfontein, die res van die inwoners van die Kameeldrift-wyk en die personeel van die Montana-hospitaal spesiaal bedank.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-in-koma-sedert-sy-in-hoeweaanval-geskiet-is-20100422


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: