Farm Murders


Plaasmense veg in voorste linie van oorlog
April 22, 2010, 9:09 pm
Filed under: Uncategorized

deur Tersia Murray van Northriding
2010-04-21 22:06

Ek reageer op die berig “Huis met ma, kinders in aan brand gesteek” (Beeld, 20 April).

Dis met groot kommer dat ek hierdie soort berigte lees. Dit voel vir my asof Suid-Afrikaners in ’n volskaalse oorlog betrokke is.

Waar kry die misdadigers al hierdie wapens en ammunisie? En waarom onskuldiges so wreed aanval?

Elke dag lees ek van moord en doodslag, maar dis asof dit daarna net oorwaai.

Almal sidder as hulle dit lees, maar dis asof ons almal al gewoond is aan al die misdaad.

Daar is stories wat my deur die jare bygebly het, soos Janine Drennen wat verkrag en daarna saam met haar baba doodgeskiet is.

Dit was haar baba se eerste verjaardag. Ek was swanger met my tweede kind toe die storie in die koerante was en ek kan onthou dat ek dae aaneen net aardig gevoel het.

Hoe skiet ’n mens ’n eenjarige baba koelbloedig dood? Ek sou graag wou weet hoe gaan dit met haar verloofde wat op dieselfde dag sy ma, verloofde en babadogter verloor het.

Hoe staan mens soggens op met die wete dat jy die drie mense vir wie jy die liefste is op so ’n wyse verloor het?

Ek wonder ook soms hoe dit met die tannie gaan wie se vingers met ’n snoeiskêr afgesny is.

Ek kan onthou hoe ek geril het toe ek gelees het dat sy die hele nag in die badkamer geskuil het terwyl die booswigte langs haar sterwende man gelê en TV kyk het.

Nog iemand oor wie ek wonder, is Razelle Botha, die belowende jong Waterkloof-leerling op wie ’n pistool leeggeskiet is.

Het sy toe haar studie in Kanada voortgesit soos beplan? Kon sy en haar pa ’n nuwe lewe bou ná die trauma wat hulle ervaar het?

Ek wonder ook hoe dit met die paramedikus gaan wat ’n brandslagoffer wou help, maar wreed deur boosdoeners verkrag is.

Dis so ’n afskuwelike daad. Hoe moet hierdie vrou nou weer haar roeping uitleef?

Ek wonder ook soms of Hettie Brittz nog oukei is.

Aan mense wat op plase bly, wil ek sterkte toewens, want dis asof hulle in die voorste linies van die Suid-Afrikaanse oorlog veg.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Plaasmense-veg-in-voorste-linie-van-oorlog-20100421


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: