Farm Murders


Vrou eien verdagte aan sy leepoë
April 21, 2010, 11:48 pm
Filed under: Uncategorized

2010-04-21 00:33
Mike van Rooyen

“Sy oë, ja, sy oë, edelagbare. Hy het leepoë. Hy het hangoë,” het ’n vrou wat twee keer in die vroeë oggendure in hul spoghuis in Heuwelsig, Bloemfontein, met ’n vuurwapen op haar gerig, stip in ’n vermeende reeksinbreker se oë gekyk het, hom gister in die Vrystaatse hooggeregshof uitgeken.

Mev. Erna Butler van Neville Holmesstraat het gister voor regter Ian van der Merwe getuig hoe sy en ’n “vreemdeling” net ná 03:00 op 1 Maart 2008 aan die bokant van die trappe teenoor mekaar te staan gekom het.

Sy het mnr. John Ito Hlalele (32) in die beskuldigdebank aan sy oë uitgeken. Die res van sy gesig was in haar huis bedek.

“Ons het in mekaar se gesigte asemgehaal. Ons het mekaar in die oë gekyk. Nie een het ’n woord gesê nie. Maar ek het geweet hy kan my skiet.

“Ek het net gebid: ‘Here laat U wil geskied.’ Toe stamp ek hom die trappe af. Hy is holderstebolder die trappe af.”

Die man het opgestaan en is weer die trappe op, na haar kinders se kamer.

Sy het besef sy moet haar kinders beskerm. Terwyl sy vir hulle gesê het om niks te doen of sê nie, het sy weer voor die loop van die vuurwapen inbeweeg. “Ons het steeds niks gepraat nie en net vir mekaar in die oë gekyk.”

Hulle het uit die kamer beweeg. Sy het hom weer by die trappe afgestamp. “Ongelukkig het ek nie hard genoeg gestamp nie en het hy net gestruikel en tot op die middelvlak geval. My man het skielik in die (slaapkamer)deur verskyn.”

Hlalele het die vuurwapen op hom gerig en gevuur. Die eerste skoot was blykbaar met ’n loskruitpatroon. Die tweede skoot het haar man, Don, in die linkerhand, wat hy uitgesteek het om te keer, en op die krop van sy maag getref. Die koeël is by sy linkersy uit.

Sy het getuig Hlalele het oor haar man gespring en gevlug. Niks is gesteel nie.

Sy vermoed Hlalele het by ’n skuifdeur ingekom toe haar man vroeër buite gaan kyk het wat hul worshond so onrustig maak.

Sy het getuig dié voorval het haar erg geraak. Sy het berading ontvang. “Ek is 20 jaar ouer en ly aan depressie. Ek het 20 kilogram aan gewig opgetel. Dit alles van skok.”

Behalwe vir die goeie beveiliging wat aan hul huis was, het hulle nog duisende rande bestee om dit nog veiliger te maak. Hul huis is nou soos ’n tronk.

‘Ek het soos ’n gevangene, soos ’n kluisenaar geraak. Ek het kwaai geraak. Ek het ’n persoonlikheidsverandering ondergaan.”

Sy werk nou as sentrumbestuurder van die Bloemgate-sentrum, wat aan haar man behoort.

Hlalele staan tereg op tien aanklagte van huisbraak, twee van roof en een elk van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie kan verskyn.

Volgens die staat se saak het Hlalele van Januarie tot April 2008 op huise in Langenhovenpark, Universitas, Pellissier, Fichardtpark, Gardeniapark en Heuwelsig toegeslaan.

Adv. Amanda Bester tree vir die staat en adv. Jan Nkhahle tree vir Hlalele op. Die verhoor duur voort.

– Volksblad

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-eien-verdagte-aan-sy-leepo%C3%AB-20100421


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: