Filed under: Uncategorized
2010-04-19 10:58
Mev. Suna Steenberg, wat Vrydag twee keer deur misdadigers in die kop geskiet is, leef nog.
Steenberg (45) word sedert Vrydagoggend in die waakeenheid van die Montana-hospitaal in Pretoria behandel.
Haar man, Jurie, is die eienaar van die onderneming Montana Pale.
Mev. Steenberg is geskiet toe sy in haar huis op ’n hoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, op misdadigers wat haar skoonma (75) aangehou het, geskiet het.
Steenberg is ook een keer in die been getref.
Die misdadigers het sonder buit gevlug. Hulle is nog nie vasgetrek nie.
Ernst Hoon (18), ’n matriekseun, is sowat twee weke gelede op ’n aangrensende hoewegebied doodgeskiet. – Hilda Fourie
Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-leef-nog-n%C3%A1-2-skote-in-die-kop-20100419
Leave a Comment so far
Leave a comment