Farm Murders


Pta-vrou kry skoot in kop toe sy skoonma wil help
April 18, 2010, 12:39 pm
Filed under: Uncategorized

2010-04-16 22:10
Hilda Fourie

’n Vrou van Pretoria se lewe het teen druktyd aan ’n draadjie gehang nadat rowers haar gisteroggend twee keer in die kop en een keer in die been geskiet het.

Mev. Suna Steenberg (45) het op die rowers geskiet toe hulle haar skoonma (75), wie se naam nie aan Beeld bekend is nie, in hul huis op ’n hoewe in Kameelfontein, noordoos van Pretoria, aangehou het.

Niks is geroof nie.

Konst. Mabel Sibanda, polisiewoordvoerder, het gesê drie mans het Steenberg se skoonma omstreeks 11:30 in haar slaapkamer oorval. Een van die mans het ’n veiligheidsuniform aangehad.

Steenberg se skoonma was volgens Sibanda in haar slaapkamer toe sy voel iemand raak aan haar.

“Sy het omgedraai en drie mans gesien. Hulle het geld van haar geëis. Die mans het haar toe na die sitkamer geneem.

“Die skoondogter het met ’n vuurwapen in die vertrek ingekom en op die mans begin skiet. Hulle het teruggeskiet.”

Dit lyk nie of Steenberg enige van die rowers getref het nie.

Mnr. Jurie Steenberg, ’n sel­leier van die sektorpolisiëringsforum in dié gebied en eienaar van Montana Pale, was nie by die huis toe sy vrou en ma aangeval is nie. Beeld het verneem hy was eerste op die toneel.

Oomblikke later het tientalle polisielede op die toneel toegesak.

Hulle het vergeefs saam met lede van die lugvleuel en die publiek die omgewing gefynkam.

Terwyl paramedici mev. Steenberg gestabiliseer het, het mnr. Steenberg by haar gesit en gebid.

Sy is in ’n kritieke toestand in die Montana-hospitaal opgeneem.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Ptavrou-kry-skoot-in-kop-toe-sy-skoonma-wil-help-20100416


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: