Farm Murders


Huis in VS glo gestroop wyl man dood lê
April 18, 2010, 2:02 pm
Filed under: Uncategorized

2010-04-16 23:25
Earl Coetzee

’n Brandfortse man is in raaiselagtige omstandighede dood en drie mense is in hegtenis geneem met sakke vol goedere wat vermoedelik uit sy huis gesteel is.

Mnr. Conrad Botha (45), werknemer van die gevangenis op Brandfort, se naakte lyk is gister omstreeks 04:30 in sy huis in Kareeboomlaan op Brandfort gevind, nadat die polisie deur twee vermeende rowers hierheen gelei is. Die polisie het minute tevore op die twee mense afgekom waar hulle glo met sakke vol klere, DVD’s en elektriese toebehore van Botha se huis af wegstap.

Kapt. Harry Nagel, polisiewoordvoerder, sê twee polisiebeamptes het gisteroggend ’n verdagte vrou in ’n straat sien stap, met groot sakke by haar.

Toe hulle die vrou se sakke deursoek, het hulle op onder meer klere, ’n rekenaar en verskeie DVD’s afgekom. Hulle het glo ook nog ’n man gekry wat ook sakke by hom gehad het.

Hulle het verdere ondersoek ingestel en voor Botha se huis het hulle ’n Nissan 1400-bakkie gevind, met die deure wat wawyd oop staan. Een van die bakkie se ruite was glo gebreek.

In die bakkie het hulle die huis se sleutels gevind. Nagel sê die polisie het aan die huis se deur geklop, maar geen antwoord van binne gekry nie, en toe besluit om die sleutels te gebruik om hulself in te laat.

Botha se naakte lyk is glo op die vloer in die huis gevind.

Volksblad verneem die lyk het geen uitwendige of sigbare beserings nie. Mev. Gerda Botha, die oorledene se vrou, het dit bevestig.

Die vrou en man is in hegtenis geneem en het aan die polisie nog ’n makker uitgewys. Dié is ook in hegtenis geneem nadat nog vermoedelik gesteelde goedere in sy besit gevind is.

Omdat daar geen beserings is nie, doen die polisie aanvanklik net ’n geregtelike doodsondersoek. ’n Lykskouing sal Maandag gehou word om die oorsaak van Botha se dood te bepaal. Nagel sê die uitslag hiervan sal bepaal of ’n saak van moord ook teen die drie verdagtes geopen word.

Mev. Botha sê sy het Donderdagaand omstreeks 18:00 haar man gebel om te sê sy gaan laat werk. Botha werk by ’n bekende regsfirma in Bloemfontein en mnr. Botha was veronderstel om haar omstreeks 20:00 op te laai.

Die egpaar se twee kinders het die aand by vriende van Botha deurgebring.

Toe sy teen 21:00 nog niks van hom gehoor het nie, het sy haar vriendin gevra om na hul huis te gaan en te kyk of sy hom kan opspoor. Buiten die bakkie wat voor die huis gestaan het, was daar egter geen teken van Botha nie.

Mev. Botha het besluit om by vriende in Bloemfontein te oornag. Die volgende oggend het sy ’n oproep van haar bure gekry om te vra waarom daar so baie polisie by hul huis is. Toe het sy van haar man se dood uitgevind.

“Ek is so hartseer en so kwaad,” sê Botha. “My man was ’n liefdevolle persoon en het nooit eens sy humeur verloor nie. Ek kan dit nie verstaan nie.”

Die verdagtes, onderskeidelik 23, 24 en 25 jaar oud, bly in aanhouding en verskyn Maandag in die Brandfortse landdroshof op aanklagte van huisroof.

– Volksblad

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Huis-in-VS-glo-gestroop-wyl-man-dood-l%C3%AA-20100416


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: