Farm Murders


ET se laaste onderhoud op TV
April 14, 2010, 8:11 pm
Filed under: Uncategorized

2010-04-13 12:39

Thinus Ferreira

Kaapstad. – Mnr. Eugène Terre’Blanche se laaste en uiters emosionele TV-onderhoud waarin hy oor plaasmoorde en die verarming van wit mense praat, word vanaand om 20:31 op SABC3 uitgesaai.

Die onderhoud is net ’n paar weke voor sy dood opgeneem.

Dit word volledig in SABC3 se ondersoekende joernaalprogram Special Assignment gewys.

Dit is in Februarie by Terre’- Blanche se huis in Ventersdorp opgeneem.

Die vervaardigers belowe kykers gaan vanaand hoendervel kry wanneer Terre’Blanche praat oor die epiese afmetings wat plaasmoorde op boere aanneem, min wetend dat hy self ’n slagoffer sal word.

Terre’Blanche praat Afrikaans, met Engelse onderskrifte vir die onderhoud.

Hy antwoord verskeie vrae en praat veral oor die verarming van wit mense, armoede onder wit mense en wat hy sien as die agteruitgang van die Suid-Afrikaanse ekonomie “onder swart bewind”.

Hy bespreek planne vir ’n volkstaat, praat oor plaasmoorde en verduidelik die nuwe plan wat die AWB bedink het en in werking wil stel om plaasmoorde te voorkom.

“Kykers gaan emosioneel raak wanneer hulle daarna kyk,” het die Special Assign- ment-joernalis Johann Abrahams gister gesê.

“?’n Mens kry hoendervel wanneer hy praat oor plaasmoorde en Eugène Terre’Blanche raak baie emosioneel wanneer hy praat oor twee vroue wat verkrag en vermoor is. Die trant van die hele onderhoud is baie emosioneel, maar daar is plek-plek ook ’n bietjie grappies. Kykers sal vir oulaas ook die Eugène Terre’Blanche sien praat soos wat mense hom onthou dat hy gepraat het.”

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/ET-se-laaste-onderhoud-op-TV-20100413


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: