Farm Murders


[Audio] Steve Hofmeyr toespraak by Eugene Terre’blanche begrafnis
April 10, 2010, 9:21 pm
Filed under: Uncategorized

(Steve Hofmeyr’s speech at the funeral of Eugene Terre’blanche)

Kliek hier om die klankgreep af te laai in mp3 formaat (OFM News)
Click here to download the audio clip in mp3 format (OFM News)

Deur Steve Hofmeyr

Talle tonge het ek
een tong op ‘n gegewe oomblik
‘n heuning tong
‘n bitter tong
‘n Tong stomp
Genoeg om te swyg.
My skerp tong klap
Klap soos ‘n sweep
En keep diep en laat bloei
My suur tong brand
Brand soos asyn
en laat krimp in mekaar en skend
Talle tonge het ek
een tong op ‘n gegewe oomblik
‘n tong om te sny
‘n tong om te salf
Ek het talle tonge

Ek het geen mandaat hier nie. Ek skaar my as dienaar by die leiers hier voor my. Wit, bruin en swart. Want u beker, soos myne, loop oor. Waaroor wil u praat vandag? Wraak? Oorlog? Moraliteit? God se wil? Staatkunde? Die internasionale media, wat soos bloedhonde hier buite staan en wag vir ’n elektroniese greep om die wêreld in te stuur waarin ons as onbeskaafd uitgebeeld sal word?

Of sal ons praat van die Laaste Boer. Vader, oupa, eggenote, trotse kultuur ikoon en vir baie hier, ‘n politiese leier. Sal ons praat van Eugene die god, die demigod of Eugene die man, Martie? Hoe vlak die trane in sy blou oë gelê het. Hoe uiters beleef hy was in enige ordentlike geselskap. Hoe sag daardie bulderstem kon word as hy voorlees:

“Ek wou my woorde neerskryf, nie om digter te wees, maar om my kort verblyf op die lewensvlakte te herleef.” (Tolbos – E. N. Tereblanche)

Eugene Terre Blanche se roeping was om die boeresiel te verwoord, om die onafhanklikheidsideaal te bepleit, om die swaar skatkis van Voortrekker erfenis oor te dra aan my generasie sodat ek dit sal wil oordra aan generasies na my. Dis my belofte aan jou Eugene Terre Blanche.

Hy sou lank voor vandag sterf vir die handhawing, die behoud en die welsyn van sy mense sonder om ander nasies te beledig. I remember during a speech of his how the respect with which he described Dingaan filled me with fear anew for that warrior. I also remember paging through the Afrikaner Liberation and Struggle songs, the FAK, and found not a single song in there insulting or contemptuous of any other nation.

Eugene Terre Blanche het gepraat van grond en van bloed soos die ander vandag oor geld en bloedvergieting praat.

Maar hy het my ook geleer om nooit weer ander nasies en volke te vra HOE om te reageer as MY mense geteiken en uitgeroei word vir iets so barbaars gering as ‘n selfoon of die kleur van my vel nie.

No nation’s tolerance is unconditional. Ons humeur, ons pyn en ons geduld word vandag op die proef gestel, want vandag as jy huiswaarts keer, sal jy verby iemand loop wat lag oor die dood van ’n man wie se vaderlands liefde en trou in sy God nog nooit onder verdenking was nie. That is a disparity we have to live with, not an insult to respond to. It’s tough out there. It’s not for sissies. U sal getoets word vandag.

In Levitikus 24 staan daar “soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word: breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand.“ – maar ek waarsku u, daar staan niks van ’n tand vir ’n oog nie. Daar staan niks van ’n koeël vir ‘n lied nie. Ons skiet nie mense omdat hulle sing nie en die oortreders van hierdie walglike moord is reeds in hegtenis geneem. Die oë van die wereld is vandag op ons Afrikaners. As ons juis hier met stil waardigheid uitgaan, sal ons daardie kykende oog iets anders wys as wat hulle gekom het om te sien.

On his day Eugene Terre Blanche faced the same justice and punishment. He served his time and walked out a new man. He would have begged for relief, for less blood, fewer victims and a little peace at the end of everybody’s day.

Sy woorde sou voortbou op ’n Paul Kruger wat alles in die stryd sou werp vir die selfbeskikking van ’n nasie en weer, soos gewoonlik, teen ’n opponent veel groter as hy self. Eugene se woorde was ter ere van almal, maar sy lof behoort aan ’n klein Christelike stam in Afrika wat meer van sy eie mense aan sy eiendom afgestaan het as enige ander Suid-Afrikaanse volk in die laaste 150 jaar. You must understand that if you want to understand the Boer! And when this loss repeats itself in the new democratic SA, it is not enough to ask of us to remain patient for the sake of transformation and a soccer tournament. When you understand the provocation of the hatespeech of Julius Malema, you will understand why I can not enter a soccer stadium named after Peter “Kill the Boer” Mokgaba.

Sal ons vandag gedwee huis toe gaan en Gods water oor Gods akker laat loop. Nee. Want hierdie bloedland kan nie Gods akker wees nie. Silent diplomacy is complicity and our government’s paralysis here will yet afford us many sad days like this. Our mortality rate is genocide and it is suffered by living, every South African who has ever begged for the safety of her sons and daughters.

Ek bid dat u die vrede uitstraal wat u verdien. Ek bid vir ‘n Christelike nugterheid. Ons bydraes is beskawings, nie sterftesyfers nie. ‘n Beskawing word helaas gemeet aan sy sterftesyfer. Geen meer provokasie nie! No more provocation! Geen meer aanhitsing nie! No more enticement! Ek is soos u bitter seer, uiters teleurgesteld en briesend kwaad en alhoewel 2010 die jaar is… is vandag nie die dag nie. Laat ons woede uitloop op dade van wedersydse erkenning van pyn en verlies – dit is wat ons meer maak as wat ons is. Eers dan het Eugene Terre Blanche op Saterdag 3 April, nie verniet gesterf nie.

Ek dank u.

Deur Steve Hofmeyr

Oorsprong:Steve Hofmeyr webwerf
http://www.stevehofmeyr.co.za/website/index.php/steve-se/207-steve-hofmeyr-toespraak-op-begrafnis-van-eugene-ney-terre-blanche-31-januarie-1944-3-april-2010
MP3 (OFM News – http://www.ofm.co.za): http://www.ofm.co.za/images/ofmnews/09042010150447STEVE%20HOFMEYER%20SPEAKS.mp3


2 Comments so far
Leave a comment

Steve Hofmeyr is niks anders as ‘n aartsopportunis nie. Terwyl hy Eugene Terre’Blanche se lof op sy begrafnis besing, en die boerevolk hom toejuig, staan hy alles teen waarvoor die Christen-Afrikanerhom sou beywer. Sy vehouding met God en Christenskap (daarmee het Hofmeyr al telkens op sy blog gespot), ‘n lewende verhouding met sy Skepper (Hofmeyr s’n is erg verwronge), die huwelik (hy maak ‘n bespotting hiervan en het onlangs nog gesê dat hy sal “spyker” soos hy wil, waar hy wil en wie hy wil). Maar dit pas dalk by die hedendaagse Afrikaner in, want terwyl (baie van ) hulle na oom Angus toe stroom keer hulle huiswaarts om weer van hul vrouens vloerlappe te maak, buite-egtelike seks te hê, soos varke te suip en vloek en Sondag sit hulle in die ouderling- en diakenbanke. Nou vra ons waarom het Suid-Afrika agteruit gegaan? Ons kry wat ons verdien sê die Woord. Steve het hier ‘n puik stukkie skryfwerk aanmekaar geslaan, maar soos satan self, ken hy sy mark wie sy CDs koop. Hy het nie en sal NOOIT my stem of steun hê nie. Die groot hartseer van die hierdie verhaal is dat die Afrikaner ‘n ruggraatlose wese geword het wat God gebruik as sy spaarwiel, in plaas van sy stuurwiel. Hoe wil hulle hê moet God so nasie seen?

Comment by Adriaan de Beer

Ek stem saam met Adriaan.
Wat die boere nodig het is God. Maar hoe sal God ons help as ons mense nie hulle sondes wil bely nie. Bid ons soos die fariseers? Kom ons bid soos die belasting versamelaar en bely ons sondes aan God en verwerp ons sondes vir eens en altyd. Ek wil graag ‘n vaderland vir ons volk sien. Maar ons moet ons prioriteite reg kry. Heil God, volk en vaderland. in daai volgorde anders lees PSALMS 127:1 ‘n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.
PSALMS 127:2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet- net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!

Comment by wie moet ek volg




Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: