Farm Murders


‘My mense word uitgemoor’ – Steve
April 10, 2010, 10:11 am
Filed under: Uncategorized


Steve Hofmeyr en sy vriendin, Suné Meyer, in die kerk. Foto: Cornél van Heerden

2010-04-09 22:10

Marida Fitzpatrick

Ventersdorp. – “My mense word geteiken en uitgemoor vir iets so barbaars soos my selfoon of my wit vel.”

So het die sanger Steve Hofmeyr gister in ’n vurige toespraak op mnr. Eugène Terre’Blanche se begrafnis hier gesê. Hy het die Afrikaner se sterftekoers ’n “volksmoord” genoem.

Die duisende begrafnisgangers het hom telkens binne en buite die kerk, waar duisende mense oor luidsprekers na die diens geluister het, luid toegejuig en elke nou en dan “hoor hoor!” uitgeroep.

“My beker loop oor soos u s’n vandag,” het Hofmeyr gesê. “Ek is bitter en seer, uiters teleurgesteld en kwaad.”

Met verwysing na mnr. Julius Malema, ANC-jeugligaleier, en sy sing van die frase “skiet die Boer”, het Hofmeyr driftig gesê: “Geen lied in die FAK beledig ander nasies nie. Eugène Terre’Blanche het gestaan vir selfbeskikking van ’n nasie teen ’n opponent veel groter as hyself; ’n nasie wat meer van sy eiendom afgestaan het as enige ander Afrika-volk.”

Aan die internasionale media het hy in Engels gesê: “Dis nie genoeg om ons te vra om geduldig te wees ter wille van die een of ander sokkertoernooi nie. Ek kan nie in ’n sokkerstadion ingaan wat genoem is na Peter ‘Kill the Boer’ Mokaba nie.”

Daarop het die mense weer in applous en toejuiging uitgebars.

Toe wou hy by die begrafnisgangers weet: “Sal ons hier uitgaan en net Gods water oor Gods akker laat loop?” waarop hulle geskreeu het: “Nee!”

In dieselfde asem het hy die skares tot “Christelike nugterheid” gemaan. “Hanteer vandag met stil waardigheid. Wys die kykende oog iets anders as waarvoor hulle gekom het om te sien.”

Hy het ook na Levitikus 24 verwys wat oor vergelding handel (die “oog vir ’n oog”-vers) en gesê daar staan nie “?’n oog vir ’n tand” nie. “Ons skiet nie mense omdat hulle sing nie. Die oortreders is reeds in hegtenis.”

Hofmeyr het gesê Terre’Blanche se roeping was om die Boerevolk te verwoord en onafhanklikheid te bepleit.

“My belofte aan jou, Eugène, is dat ek dit sal oordra.”

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/My-mense-word-uitgemoor-%E2%80%93-Steve-20100409


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: