Farm Murders


Julius sing wéér in Harare
April 5, 2010, 11:59 pm
Filed under: Uncategorized


Mnr. Julius Malema gister by ’n politieke byeenkoms in Harare.Foto: AP

2010-04-04 22:21

Sonja Carstens

‘Blatant uittartend en uiters minagtend.”

So is mnr. Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, se aanhoudende gesing van “Kill the Boer, kill the farmer” ondanks ’n interdik wat hom verbied om dit te doen, gister beskryf.

Malema het dié lied Donderdag in Mthatha gesing terwyl AfriForum die hooggeregshof in Pretoria gevra het vir ’n interdik om hom te verbied om dit te doen.

Malema se regsverteenwoordigers moes hom midde-in die hofverrigtinge bel om te hoor of hy sal onderneem om op te hou met die gesing hangende die aanhoor van AfriForum Jeug se klag van haatspraak in die gelykheidshof.

Regter Eberhard Bertelsmann het die interdik teen Malema toegestaan nadat hy geweier het om dié onderneming te gee.

Nadat die interdik toegestaan is, het Malema die lied weer tydens sy besoek aan Harare gesing.

Mnr. Willie Spies, regsverteenwoordiger van AfriForum, het gister gesê Malema se volgehoue gedrag is blatant uittartend en uiters minagtend.

“Hoewel ’n Suid-Afrikaanse hofbevel normaalweg nie in die buiteland van krag is nie, is AfriForum besig om regsadvies in te win om te bepaal of hulle tog kan aanvoer dat Malema die hofbevel geminag het deur die gewraakte lied te herhaal.

“Malema het geweet die SAUK se kameras is teenwoordig tydens sy besoek aan Harare en het geweet indien hy die lied sing, sal dit vertoon word in Suid-Afrika waar hy verbied is om dit te sing,” het Spies gesê.

Die interdik is toegestaan ’n week nadat waarnemende regter Leon Halgryn in die hooggeregshof in Johannesburg bevind het dit is onwettig en ongrondwetlik om die omstrede frase “dubulu ibhunu” (“skiet die Boer”) te sê of te publiseer.

Halgryn het aanvaar dié Zoeloewoorde beteken “skiet die Boer/wit man”, dat dit haatspraak is en die uiting of publikasie daarvan ’n strafregtelike oortreding kan wees as dit gedoen word om misdaad aan te moedig.

Mense wat sulke uitsprake maak, kan strafregtelik aangekla word en sal moet bewys die uitlating was nie as aanhitsing tot misdaad bedoel nie.

Die ANC het intussen aangedui hy beoog om dié uitspraak te beveg.

Malema het die naweek vanuit Harare aan Beeld se susterkoerant City Press gesê hy het Woensdag met pres. Jacob Zuma vergader vir ’n algemene geselsie en nie spesifiek om sy Zimbabwe-besoek te bespreek nie.

“Pres. Zuma het geen probleem met my reis nie. Toe ek die vergadering verlaat het, het hy my gevra om sy groete aan sy kameraad, pres. Mugabe, oor te dra.”

Malema het Vrydag ’n helde-ontvangs in Zimbabwe gekry.

’n Topamptenaar van die beweging vir demokratiese verandering (MDC) het aan City Press gesê: “Wanneer Malema van Harare terugkom, verwag dat hy soos ’n jonger Mugabe gaan praat.

Verwag dat die druk vir nasionalisering en herverspreiding van grond sal toeneem. Verwag dat die haattoesprake sal toeneem.

Hy leer by die beste.”

Volgens die Sunday Times het Malema gesê hy wil Zimbabwe se grondhervorming en nasionalisering ook in Suid-Afrika sien gebeur.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/028659e8c5b743e68aae4deda1fd5f2e/04-04-2010-10-21/Julius_sing_w%C3%A9%C3%A9r_in_Harare


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: