Farm Murders


Eugene Terre’Blanche op sy plaas vermoor
April 4, 2010, 9:52 am
Filed under: Uncategorized


2010-04-03 22:48

Amy Johnson

Kaapstad – Die AWB-leier Eugene Terre’Blanche is Saterdag op sy plaas in Ventersdorp deur plaaswerkers vermoor, het sy dogter Bea Terre’Blanche aan Nuus24 bevestig.

Terre’Blanche is op Maandag 31 Januarie 1944 in Ventersdorp in die Noordwes gebore. Hy het op 7 Julie 1973 met slegs ses geesgenote die AWB gestig.

Terre’Blanche is net na 18:00 in sy slaap met pangas op sy plaas aangeval. Niks is gesteel nie.

Me. Terre’Blanche het gesê hulle het die tyding by familievriende gekry en dat dit ‘n groot skok vir die familie was.

“My pa het soms alleen op die plaas gaan slaap om na die diere te kyk. Dit was vir ons ‘n geweldige skok om te hoor hy is dood.”

Me. Terre’Blanche woon in die dorp.

Sy het gesê die familie vermoed twee of meer mense het haar pa vermoor.

“Die polisie het twee mense in hegtenis geneem, maar dit is al inligting wat ons in dié stadium het.”

Sy het gesê begrafnisreëlings is nog nie getref nie, maar sal Sondag bespreek word.

– Nuus24

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/a1b656025be8446db493e8e625b88d97/03-04-2010-10-48/Eugene_TerreBlanche_op_sy_plaas_vermoor


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: