Farm Murders


Vreemder as wetenskapfiksie
April 3, 2010, 10:39 pm
Filed under: Uncategorized

Deur Anton Barnard van SAmizdat blog.

03.30 2010

Die groot filosofiese dilemma van die linkse en liberaal is dat sy verwronge denkraamwerk hom nie toelaat om Afrika en Afrikane se tekortkominge aan enige iets behalwe blanke rassisme toe te skryf nie. Ons almal ken die ou-ou, holruggeryde verskoning dat bykans enige iets wat skeefloop in Afrika of Suid-Afrika, glo apartheid se skuld sou wees.

As die misdaadkoers onder swartes buitensporig hoog is, is dit glo apartheid wat hulle gebrutaliseer het. (Maar, o, weë, waarom is meer as die helfte van ook die VSA se tronkbevolking dan swart?) Wanneer dinge beroerd gaan in die onderwys, en die skole ‘n stelselmatige verdomming ondergaan, is dit kwansuis die nalatenskap van Bantoe-onderwys, al sug Mamphele Ramphele dat laasgenoemde beter was as die rampspoedige onderwysstelsel onder die ANC regime.

Die linkse mag eenvoudig nie erken, veral nie aan homself nie, dat daar heel moontlik ‘n baie eenvoudiger verklaring vir Afrika se tekortkominge is as blankes se verdrukking nie, byvoorbeeld oorerflike faktore of verskille in aangebore aanleg. Die blote aanhoor van laasgenoemde is gewaarborg om erge hartkloppings by die linkse te veroorsaak, en ‘n bykans onwillekeurige kreet van “rassisme!” oor die linkse se lippe te maak tuimel. Derhalwe moet die linkse eenvoudig alles wat skeef en krom is onder Afrikane aan blanke verdrukking toeskryf, al is sodanige verdrukking dikwels as’t ware met afstandbeheer, siende dat die res van swart Afrika bykans geen blanke bevolkings meer het nie.

Hierdie skrywe van my is genoop deur ‘n opmerking van ‘n selfaangestelde kleurlingsegsman vir Afrikaanssprekendes, Christo van der Rheede (wie se eie kinders met geweldige ironie ‘n Engelse skool bywoon) wat in hierdie rubriek van Dan Roodt aangehaal word. Volgens Van der Rheede moet ‘n blanke volkstaat ten alle koste beveg word.

Van der Rheede se uitlating is vir my inkonsekwent tot die lagwekkende toe.

Kom ons neem naamlik die linkse se toeskrywery van swart mislukking aan blanke verdrukking en rassisme op sigwaarde, en vir die doeleindes hiervan aanvaar ons dat dit ‘n akkurate siening is. Om dié siening tot sy logiese uiteinde te voer, sou al Afrika en Afrikane se probleme opgelos wees as een van twee dinge gebeur: alle blankes word hetsy van hul rassisme genees, iets wat onwaarskynlik is gegewe hoe diegene soos Van der Rheede steeds skree en teem oor sogenaamde blanke rassisme wat kwansuis steeds hoogty vier, hetsy moet swartes ten alle koste van hul verdrukkers weggehou word, nes die Serwiërs en Kroate van mekaar verwyder moet word.

Daar is geskiedkundige presedente vir die verwydering van diegene wat as onderdrukkers van swartes gesien is. Idi Amin-Dada het byvoorbeeld die Indiërs wat volgens hom die Oegandese van ekonomiese geleenthede, uit Oeganda verjaag.

Om dit in eenvoudige terme te stel: as swart mislukking aan blanke onderdrukking te wyte sou wees, is die verwydering van die onderdrukkers, hetsy dmv apartheid of selfs ‘n volkstaat, ‘n eenvoudige en heel werkbare oplossing vir laasgenoemde mislukking.

Tog is dit juis nie wat Van der Rheede en ander linkses bepleit nie. Op die mees vreemde wyse denkbaar (of is dit so vreemd?) wil Van der Rheede juis nié wegkom van blanke verdrukking deur toe te sien dat blankes hul eie heil bewerk in ‘n volkstaat nie. Hy wil juis nie aan blankes ‘n kleinerige stukkie van Suid-Afrika se grondgebied afstaan nie. Mens moet vra waarom nie? Hou Van der Rheede daarvan om glo deur blankes onderdruk te word? Klaarblyklik nie.

Daar is ‘n paar moontlike verklarings vir Van der Rheede se teenstrydige en absurde siening.
Een is dat `daar diegene soos die kleurling-akademikus Jonathan Jansen is, asook Van der Rheede, wat dit klaarblyklik as hul selfaangestelde plig sien om as Messiasse vir die blankes op te tree, om blankes “van ons rassisme te genees.” G’n mens weet hoeveel tik Jansen sou moes rook om hom te maak dink Afrikaners en Boere hom ooit in der ewigheid as ‘n Messias sou sien nie, maar nou ja.

‘n Tweede verklaring is dat die teenwoordigheid van blankes ‘n handige verskoning bied vir alles wat verkeerd loop in die falende reënboognasie, en die ander volke van persoonlike verantwoordelikheid kwytskeld. As die dwelmmisbruik- en moordkoers op die Kaapse Vlakte dus hemelhoog is, is dit nie Jansen en Van der Rheede se eie mense wat die skuld moet dra nie, maar die blankes wat steeds op ‘n manier veroorsaak dat dinge al te jolig gaan op Mitchell’s Plain. Verwyder die blankes uit die vergelyking, deur aan hulle ‘n volkstaat te gee, wie gaan Van der Rheede dan blameer vir sy eie mense se probleme? Dis uiteraard veel makliker om die gerieflike “dis apartheid se skuld” verskoning uit te rol as om voor eie deur te vee.

Die derde verklaring, en hierdie sou sekerlik vir ‘n buitestander klink na ‘n tweederangse wetenskapsfiksie-kortverhaal, is dat Van der Rheede en sy mede-linkses baie, baie goed besef dat blankes nodig is om te verhoed dat Suid-Afrika totaal en al in duie stort. Van der Rheede hou stellig nie veel van Afrikaners nie, maar tog besef hy ons is lewensbelangrik. Blankes mag egter slegs op diegene soos Van der Rheede se terme bydra tot die samelewing, as intellektuele slawe. Hou julle bekke, doen julle werk, bou die land, maar maak so op óns terme, en tot óns voordeel, sê Van der Rheede en kie. Dit moet sekerlik een van die min voorbeelde in die geskiedenis wees waar lede van ‘n veel meer gevorderde beskawing gedwing word om hul eie beskawing in stand te hou, maar as onwelkome tweedeklasburgers en tot voordeel van ‘n barbaarse meerderheid, sodat laasgenoemde eersgenoemde kan plunder. Dis asof skape met mense boer omdat die skape meer talryk is, sodat die mense die skape kan voer.

Wetenskapfiksie, inderdaad.

Oorsprong:Samizdat
http://antonbarnard.praag.co.za/?p=1570
http://antonbarnard.praag.co.za/


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: