Farm Murders


Mense, word wakker en ruik die rose!
March 30, 2010, 12:58 pm
Filed under: Uncategorized

deur Tina van der Walt van Groenkloof

2010-03-28 22:08

In reaksie op Neels Jackson se artikel verlede week: Hy sê ons moet onsself nie ’n rat voor die oë laat draai dat dinge erger is as wat dit regtig is nie.

Hy sê ook dat die persepsie-probleme waarmee baie Afrikaanse mense juis vandag sit, is omdat die koerante nie in die 1980’s vir hulle vertel het wat regtig in die land gebeur nie.

Ek stem saam: As die koerante alles moes vertel wat werklik gebeur het, sou geen regdenkende mens sy wapen vrywillig by die polisie ingegee het nie.

As die koerante alles vertel het, sou meer mense lankal uit hul gemak­sones en staat van ontkenning gekom het.

Hulle sou beslis geen “persepsie-probleme” gehad het om te sien dat Suid Afrika reeds ’n mislukte staat is nie.

Hy verwys terug na die “goeie dae”, wat eintlik maar ’n kookpot was wat gewag het om te ontplof.

Ja, Neels, as jy lank genoeg ’n leuen herhaal, begin jy dit later self glo. Jy weet self die ANC doen dit ook altyd.

Al die jare is ons in die pers gebombardeer met die feite dat apartheid so sleg was; dat ons moes mag oorgee aan die ANC om ’n ongekende bloedbad te verhoed.

Word wakker en ruik die rose!

Gelukkig het die heer Julius ’n klomp van die slapendes met ’n skok laat wakker skrik.

Afrikaners gaan hulself moet geestelik voorberei op die ergste.

Dit gaan kom soos ’n dief in die nag. En terloops, ek maak geen verskoning daarvoor dat ek uiters pessimisties – of sal ek sê realisties – is nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/f6c21fde68fa4c419c709cd9db8db195/28-03-2010-10-08/Mense,_word_wakker_en_ruik_die_rose!


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: