Farm Murders


Foto’s van die Malema wag-aksie
March 23, 2010, 9:18 pm
Filed under: Uncategorized

‘n Klompie ondersteuners van Ben Geldenhuys het deur die loop van die oggend by die piekniekplek op die Voortrekkermonumentterrein bymekaar gekom. Voertuie wat die terrein wou binnegaan is deursoek en diegene met vuurwapens is nie toegelaat nie. Ben Geldenhuys is later die oggend, met sy aankoms, toegang tot die terrein geweier. Daar is blykbaar amptelik deur die bestuur besluit dat Ben en Malema nie op die terrein toegalaat sou word nie. Die konvooi van 25 voertuie het toe van die piekniekterrein na die hoofingang beweeg waar Ben gewag het. Buite het nog 9 voertuie gewag.

Die ondersteuners van Ben het vreedsaam buite die hoofhek bymekaar gekom en met skriflesing en gebed geopen. Die polisie het die gebeure, anders as gewoonlik, ook vreedsaam handteer. Na meer as ‘n halfuur se gewag vir Malema het die ondersteuners begin terugkeer na hul onderskeie bestemmings.

Verskeie van die ondersteuners was met vuurwapens gewapen. Dit is nie deur Ben of die organiseerder, Abel Malan, verbied of pertinent aangemoedig nie. Elke persoon kon vir homself besluit. Die motivering vir die dra van vuurwapens, soos wat dit ons volk betaam, was selfverdediging en nie aanval nie. Daar gaan egter ook ‘n boodskap daarmee saam. ‘n Boodskap dat burgerlikes moet ophou om wapensku te wees en hulself beveilig.

Besoek gerus die Verkennersbeweging se FB groep:

http://www.facebook.com/group.php?gid=101965183175729&v=info

Daar is verskeie foto’s geplaas.

Die tersaaklike mediaverklaring:

http://www.verkenners.org.za/page/UitdagingaanMalema.aspx

Kruising voor fort Schanskop, om 11uur vanoggend:

Polisie by ingang:

Voorkeer van voertuie:

Foto van verskillende dele van die konvooi, oppad na Ben Geldenhuys, nadat hy en ander toegang geweier is:

Die aksie begin, die manne beweeg na die buitekant van die terrein:

Besoek gerus www.projek2010.co.za en help om hierdie projek geslaagd te maak.


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: