Farm Murders


Boer van Noordwes deur slaapkamerdeur doodgeskiet
March 23, 2010, 4:28 pm
Filed under: Uncategorized

Mnr. Koos van Staden en sy vrou, Heleen.

2010-03-20 23:29

Carien Kruger

’n 60-jarige boer van Brits in Noordwes is vroeg gisteroggend dood nadat hy in sy huis geskiet is.

Mnr. Koos van Staden, ’n groenteboer van die Kleinfontein-distrik, is op pad na ’n hospitaal dood.

Volgens mnr. Kobus van der Walt, ’n buurman en vriend, het Van Staden en sy vrou, Heleen (57), Vrydagaand buite met vriende sit en kuier. Die honde het in ’n sta­dium geblaf, maar hulle kon niks sien nie. Die gaste het omstreeks 23:30 gery, waarna die Van Stadens gaan slaap het.

Hul alarm het om 00:30 afgegaan, en toe mev. Van Staden na die alarm-toetspaneel by die kamerdeur loop, het inbrekers die deur uit die kosyn begin skop. Sy het die deur teruggedruk en haar man het opgespring om te gaan help.

Volgens Van der Walt is mnr. Van Staden deur die slaapkamerdeur geskiet toe hy vir sy vrou gesê het om sy wapen in die kas te kry. Van Staden het teruggeskiet, waarna die rowers gevlug het.

Familie en vriende het na die plaas gejaag en sy seun, Christiaan, het hom gekry waar hy op sy bed gesit het. Hy het gesê hy kan self loop, maar het ná drie treë inmekaargesak. Hulle het met hom Brits toe gejaag, waar hy dood verklaar is.

Volgens Van der Walt is mev. Van Staden nie beseer nie, maar “sy is stukkend” oor haar man se dood.

Niks is uit die huis gesteel nie.

Sr.supt. Lesego Metsi, provin­siale polisiewoordvoerder, sê ’n moordsaak word ondersoek.

Een van die Van Stadens se honde is vergiftig, maar ’n tweede het oorleef. Volgens Metsi is daar nie tekens van gedwonge toegang nie.

Van der Walt sê daar is baie misdaadvoorvalle. Boewe het ses maande gelede by hom probeer inbreek en mnr. Brink Botha, ook ’n boer, is in November 2008 vermoor. “As die regering nie eens teen (mnr. Julius) Malema optree nie, hoe sal hulle teen misdadigers optree?” vra hy.

Van Staden laat sy vrou, drie seuns, twee skoondogters en drie kleinkinders agter.

– Rapport

Oorsprong:Rapport
http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/2ce7060a60cd45a486f73c47373f5b6e/20-03-2010-11-29/Boer_van_Noordwes_deur_slaapkamerdeur_doodgeskiet


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: