Farm Murders


Wagte rand vrou glo aan, vat geld
March 18, 2010, 2:48 am
Filed under: Uncategorized

Me. Lindi Alberts (30) vertel hoe veiligheidswagte by die Centurion-winkelsentrum haar aangerand het. By haar is ’n vriend, mnr. Morné Moorcroft (22), wat ook deur die wagte aangehou is.Foto: Jaco Marais

2010-03-16 23:30

Virginia Keppler

’n Vrou wat sagte speelgoed in die Centurion-winkelsentrum verkoop, is Saterdagmiddag voor ’n skare mense na bewering deur ’n groep veiligheidswagte aangerand, op die vloer gesleep, aan die hare getrek en van haar geld besteel.

Me. Lindi Alberts (30), wat die afgelope 17 jaar sagte speelgoed in restaurante in dié sentrum verkoop, vertel ook die wagte het haar met haar geldsakkie se band probeer wurg.

Die voorval is volgens Alberts op die sentrum se kringtelevisiekamera vasgelê, maar die sentrum wil dit nie aan haar beskikbaar stel nie.

Dié drama het om 13:20 begin toe veiligheidswagte Alberts en ’n vriend, mnr. Morné Moorcroft (22), genader en gevra het dat sy hulle na ’n kantoor op die boonste verdieping vergesel.

Sy het geweier om alleen saam met die mans na ’n kantoor te gaan en het aangebied om die perseel te verlaat.

Volgens Alberts het die wagte haar gegryp en haar rondgeruk en -pluk. Sy het haar werkgewer in ’n stadium gebel en om hulp geskreeu.
“Een van die wagte het my selfoon gegryp en ek het dit teruggegryp. Twee vroulike wagte het bygekom en my aan die arms getrek. In ’n stadium het ek een van die manlike wagte tussen die bene geskop om weg te kom.”

Die wagte het glo haar geldsakkie van haar nek geruk en haar met die band probeer wurg. Hulle het volgens Alberts daarna sowat R2?000 van haar geld gesteel toe dit op die vloer uitgeval het.”

Moorcroft is intussen deur ’n paar ander wagte en die bestuurder na ’n kantoor op die boonste verdieping van die sentrum geneem en daar aangehou. Hy is vrygelaat toe Alberts se werkgewer daar opgedaag het.

Mnr. Deon Oosthuizen, Alberts se werkgewer, het gesê toe hy by die sentrum aankom, het Alberts op haar rug by ’n uitgang by die sentrum gelê terwyl twee wagte oor haar gestaan het en haar rondgeruk en -pluk het.

Hy het gesê die sentrum se veiligheidsdiens het hom ’n tyd gelede gewaarsku dat hy nie speelgoed daar mag verkoop nie, “maar die restaurant-
eienaars het ons toestemming gegee om dit in hul restaurante te verkoop”.

Me. Aveline Hardaker, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n klag van aanranding.

Die Centurion-winkelsentrum se bestuur het nie op Beeld se navrae gereageer nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/2bf4dd51f0a04e428549f39dc9ec6ea7/16-03-2010-11-30/Wagte_rand_vrou__glo_aan,_vat_geld


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: