Farm Murders


Elke plaasaanval in SA ‘kos ekonomie R1, 9 miljoen per jaar’
March 18, 2010, 3:45 am
Filed under: Uncategorized

2010-03-16 23:57

Sarel van der Walt

Pretoria

Elke plaasaanval wat tot gevolg het dat ’n plaas stilstaan, kos die ekonomie konserwatief geraam sowat R1,9 miljoen per jaar.

Dit het ook ’n baie nadelige invloed op voedselsekerheid in die land, asook op die herstel van die ekonomie ná die wêreldwye ekonomiese krisis, het die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid (SAKHN) gister gewaarsku.

As ’n plaas se produktiwiteit net tydelik beïnvloed word, beloop die verlies aan die bruto nasionale produk (BNP) meer as R160 000 per maand.

Die SAKHN het sy kommer uitgespreek oor die hoë vlak van plaasaanvalle en -moorde en wil dit met die regering bespreek.

Minstens twee boere en ’n boervrou het die laaste paar dae in plaasaanvalle gesterf.

Talle boere het die skuld vir die moorde voor die deur van mnr. Julius Malema, ANC-jeugligaleier, gelê. Hy het verlede week op ’n byeenkoms van die Universiteit van Johannesburg gesing: “Skiet die boere, hulle is verkragters.”

Die SAKHN grond sy syfer van sowat ­R1 932 869 per plaasmoord op die 3,22% wat die landbou in 2009 tot die groeisyfer bygedra het en die 39 982 plase wat daar in 2007 in die land was.

Die organisasie sê dié syfers is ’n konserwatiewe benadering wat betref die gevolge op die ekonomie. Die grootte van plase en hul produksievermoë is uitgesluit.

Die invloed van plaasaanvalle op werksekerheid, die plaaslike voedselbedryf, die sektor se vermoë om internasionaal mededingend te wees en die verskillende soorte plase en boerderybedrywe is ook nie in ag geneem nie.

Mnr. Henk van de Graaf, woordvoerder van TLU SA, het gesê uit hul navorsing blyk dit dat nadat ’n boer in ’n plaasaanval dood is, dit ongeveer 18 maande neem voordat die plaas weer op sy ou produksievlakke is.

Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee, het gesê wat baie pla, is die feit dat daar in die sewe plaasaanvalle sedert Malema se uitsprake verlede week in die meeste gevalle niks gesteel is nie. “Dit laat ’n mens wonder wat die motiewe dan was.”

Die polisie het verlede week aangekondig ’n hersiene veiligheidstrategie waarin die klem op sogenaamde sektorpolisiëring en die betrokkenheid van reserviste sal val, is van 1 April van krag.

Dit het ten doel om die polisie se dienslewering en sigbaarheid in landelike gebiede te verbeter, reaksietye te verbeter en beter kommunikasie en groter samewerking in landelike gebiede te bewerkstellig.

– Die Burger

Oorsprong:Die Burger
http://www.dieburger.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1708/e3908f19c2364c5a9bb8aff42e6fdda4/16-03-2010-11-57/Elke_plaasaanval_in_SA_%E2%80%98kos_ekonomie_R1,_9_miljoen_per_jaar


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: