Farm Murders


Boer (23) in hegtenis geneem wat plaasaanvaller ontwapen
March 18, 2010, 4:10 am
Filed under: Uncategorized

BOER IN HOF: Mnr. Chris Grobler, links, van die plaas Labri in die Kroonstad-omgewing, en sy plaasvoorman, mnr. Eugene Lloyd, is gister op borgtog van R500 elk vrygelaat. Foto: Johan Brits

2010-03-17 00:53

Charles Smith

’n Jong boer van Kroonstad wat ’n plaasaanvaller ontwapen het wat hom met ’n mes aangeval het, is gister summier deur die polisie 48 uur lank toegesluit omdat die aanvaller gaan kla het.

Mnr. Chris Grobler (23) se ouers het teen gister laat alles probeer om hom voor donker uit die polisieselle op Koppies vrygelaat te kry. Die chaotiese regstelsel het hulle erg belemmer. Hy en sy plaasvoorman, mnr. Eugene Lloyd, is saam in die selle aangehou. Die mede-aangehoudenes het teen 20:00 begin om teen hulle te toi-toi.

Mnr. Christo Grobler het gesê drie prokureurs het hul bes gedoen om sy seun vrygelaat te kry. Toe was die polisiebeampte met die dossier soek en daar was kwansuis géén inskrywing in die voorvalleboek dat die polisie hul plaas Saterdag besoek het nie.

Sy vrou, Alta, het toe van hul plaaswerkers gaan haal om verklarings by die Heuningspruit-polisiekantoor af te lê dat hulle – dié einste polisiebeamptes – wél Saterdag op hul plaas was.

Chris het die polisie Saterdag laat kom toe ’n gewese plaaswerker, wat ses maande gelede afgedank is nadat hy motorbatterye gesteel het, moles op die plaas Labri gemaak het.

Die polisie het die man wel verwyder.

Sondagaand was die man terug – dié keer erg aangeklam. Toe Chris hom wegwys, het hy ’n mes uitgepluk en na Chris gesteek. Die jong boer het die mes afgevat en die aanvaller het hard met moederaarde kennis gemaak, het Grobler sr. gisteraand gesê.

Die polisie is weer gebel, maar hulle het nooit uitgekom nie. Die aanvaller se arm is glo beseer en hy het by die polisie gaan kla. Maandag het twee konstabels op die plaas opgedaag.

“My vrou wou weet hoekom hulle nie Sondag opgedaag het nie. Een konstabel het vir haar gesê sy moet haar nie ‘wit hou’ nie.

“Die bevelvoerder van die Heuningspruit-polisiekantoor het vir my gesê as Chris stilgestaan het dat hy raakgesteek is, was die aanvaller in die selle en nie hy (Chris) nie.”

Chris is gevra om gister ’n verklaring by die polisiekantoor te gaan aflê. Hy en Lloyd is kort daarna in hegtenis geneem en in die polisieselle op Koppies toegesluit. Volgens die polisie hier moet hulle ’n “verpligte” 48 uur opgesluit word, al is geen klag teen hulle ingedien nie.

Grobler sr., wat die week op Lichtenburg is, het alles moontlik probeer doen om sy seun vrygelaat te kry.

Sy vrou en Chris se lewensmaat, Angelique, en hul baba van ses maande, Chris, is alleen op die plaas.

“My vrou het die landdros op Koppies gaan sien, die deur toegetrek en sy hulp gevra omdat hulle vrou-alleen op die plaas is.

“Hy het gesê sy hande is afgekap. Ons probeer alles in ons vermoë. Ek weet nie wat in die land aangaan nie.”

Kapt. Msisitheki Selima, woordvoerder van die polisie op Kroonstad, het die voorval aan Johan Brits bevestig.

Hy sê “twee wit mans” het die klaer aangerand.

Gee jou mening oor hierdie gesprek – lewer hier kommentaar of stuur `n brief na cornelia.vdmerwe@volksblad.com.

– Volksblad

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/2114/a4d8f29425584edf86d3eee442d8be9a/17-03-2010-12-53/Boer_%2823%29_in_hegtenis_geneem_wat_plaasaanvaller_ontwapen


4 Comments so far
Leave a comment

Loop jou teen muur vasdeur Bekommerd2010-03-17 22:02Die berig, Boer (23) in hegtenis nadat hy plaasaanvaller ontwapen (17/3/10) verwys.Een ding weet ek verseker en dit is dat die polisiediens onbevoeg en onbetroubaar is. My seun (24) en sy verloofde is ’n jaar of wat gelede met ’n mes aangeval in Zastronstraat toe hulle gaan kos koop het by ’n wegneemete- plek.Ná ’n lang “geveg”, twee messteke en baie skrape het ’n man en sy vrou hulle kom help waarna hulle hospitaal toe is.Die volgende dag is ons na die Parkweg-polisiestasie om ’n klag in te dien. Daar gekom het my seun en sy verloofde ’n man uitgewys wat vir winkeldiefstal in hegtenis geneem is.Ek het die kaptein laat roep en aan hom die situasie verduidelik – dat ons daar is om ’n klag in te dien maar dat die aanvaller in die aanklagkantoor sit.Met die afneem van die verklaring (dis weer ’n hele ander storie) het hulle hom weer uitgewys maar hulle het dit eenvoudig geïgnoreer en grappies met die aanvaller gemaak in hulle eie taal. My seun is toe geneem om ’n foto-uitwysing te gaan doen. Ons was drie uur lank by Parkweg maar daar het net mooi niks van die saak gekom nie. Die volgende dag het Parkweg my seun gebel en gevra dat hy moet terugkom want hulle het “vergeet” om die fotonommer neer te skryf.Nodeloos om te sê dat my seun nie kans gesien het om terug te gaan nie.Nou vra ek myself af wat meer het hulle nodig as ’n uitwysing? Baie mense het ons kwalik geneem dat ons nie die saak verder geneem het nie, maar dit is waar wat die landdros in Koppies gesê het:Jy loop jou eenvoudig oral teen ’n muur vas en dit begin al met die eerste oproep wat jy maak. Ek hoop van harte dat hierdie boer die polisie dagvaar.http://www.volksblad.com/Content/MyVolksblad/Briewe/2047/d6ff448d58894c96901851fcfd7d2cd0/17-03-2010-10-02/Loop_jou_teen_muur_vas

Comment by Anonymous

Wrang, misplaaste grapdeur Jan Coetzer2010-03-17 22:02Die berig, Boer (23) in hegtenis nadat hy plaasaanvaller ontwapen (17/3/10) oor die inhegtenisneming en aanhouding van mnr. Chris Grobler omdat hy sy aanvaller ontwapen het, verwys.Dit beklemtoon weer die standpunt wat ek vantevore in Volksblad se brieweblad gemaak het dat Suid-Afrika vir die wetsgehoorsame burger ’n uiters gevaarlike plek geword het omdat dit tans hoogs riskant is om jouself of jou geliefdes teen misdadige aanvallers te probeer beskerm.Want jy loop die risiko om dalk self in die proses van aanranding aangekla te word. Dit hang skynbaar net af wie eerste ’n klag by die polisie gaan indien, want sodanige party, al is hy ook die aanvaller en skuldige, gaan bes moontlik die simpatieke oor by die polisie kry.Die blatante skending van Grobler se menseregte is maar net nog ’n verdere aftakeling van die reeds hoogs wankelrige vertrouensverhouding tussen die polisie en die publiek.Dit is ook die manifestasie van die drakoniese stelsel van wetstoepassing om iemand vir ’n gewaande aanranding in hegtenis te neem sonder enige stawende getuienis van die beweerde aanranding en sonder enige uitwendige tekens wat aantoon dat ’n persoon wel aangerand is.Dit terwyl ’n persoon teen wie daar in die destydse era van rede ’n klag van gewone aanranding aanhangig gemaak is, hoogstens gewaarsku is om op ’n gegewe datum voor die hof te verskyn.Tog is daar desnieteenstaande die voortdurende oproep van die polisie aan die publiek om tog hulle hande in die bekamping van misdaad te sterk, ’n oproep wat hoogstens as ’n wrang en misplaaste grap afgemaak kan word.http://www.volksblad.com/Content/MyVolksblad/Briewe/2047/7fef873bf2d34d0e9e839ab03e8ac25d/17-03-2010-10-02/Wrang,_misplaaste_grap

Comment by Anonymous

Ons het die reg om op te treedeur LV, Knysna2010-03-17 16:50“As die aanvaller raakgesteek het, dan was hy in die selle…”Wanneer ek sulke idiotiese opmerkings lees, raak my bloed witwarm! Maar kom ons veronderstel dit is wat gebeur het:"Ek het in die hart gesteek en nou is die witman dood? Maar eintlik worry ek nie, want dit is wat ek gekom het om te doen!”Siestog, waar kom selfverdediging nou eintlik in hierdie senario in?Hoekom gaan ‘n mens toelaat dat jy eers gesteek word voordat jy jouself verdedig en dit boonop deur ‘n mens wat niks vir ander mense se lewens voel nie?As Suid-Afrikaanse swart mense Zimbabwiërs en Malawiërs lewend aan die brand kan steek bloot omdat hulle hul eie werksposisies en huise wil beskerm, gaan ek definitief nie stilstaan en my laat steek voordat ek tot aksie oorgaan nie!Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is besig om rassehaat in Suid-Afrika aan te hits. Die SAPD is besig om hul mag te misbruik en onbeheers op te tree. Hoekom? Want hulle kan dit doen sonder enige gevolge!Ek, as werkgewer en plaaseienaar, het die volste reg om op te tree wanneer die volgende gebeur:As werknemers drink, steel, my “tyd” steel of ‘n “risiko” vir my besigheid/plaas is! Of as werknemers in my besigheid instap of sy voete op my plaas sit met ‘n mes in sy hand! Hy het waaragtig nie kom tee drink nie!http://www.volksblad.com/Content/MyVolksblad/Briewe/2047/62d2040931d8462b96a2a60f674ca8a3/17-03-2010-04-50/Ons_het_die_reg_om_op_te_tree

Comment by Anonymous

Kom klim in kryt, Malemadeur Scorpio2010-03-16 22:34Ek is 74 jaar oud maar sal dit geweldig geniet om net een ronde van drie minute met Grootbek Malema in ’n bokskryt te kan deurbring. Hy is egter muis genoeg om so ’n uitdaging te aanvaar. Dalk ook maar goed, want grootmense moet seker nie die ou “kindertjies” van die ANC-jeugliga seermaak nie, maar hy is enige tyd welkom.Dit sal my as “wit rassis” die grootste plesier verskaf om die alewig blaffende bek van hierdie ongepoetste keffertjie behoorlik kleiner te maak. Voor enige een dalk opgewonde raak, gaan kyk eers in die woordeboek wat beteken “keffertjie”. Grootbek Malema is uit en uit een en gedra hom soos ’n ongedissiplineerde, onbeskofte kind en behoort nog op pensioen te gaan in die ANC-jeugliga, want hy sal nooit groot word nie.Wil Volksblad en die res van die media nie maar vir Grootbek begrawe nie. Hy teer op publisiteit en sal wegkwyn as dit staak. Wie wil nou na twak luister – amper gebruik ek die verkeerde woord.http://www.volksblad.com/Content/MyVolksblad/Briewe/2047/2c7b5ea7ba3448579bf660024905a5f1/16-03-2010-10-34/Kom_klim_in_kryt,_Malema

Comment by Anonymous




Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: