Farm Murders


Sakeman geskiet toe hy uit stort kom
March 14, 2010, 8:33 pm
Filed under: Uncategorized

2010-03-03 23:16

Wolfram Zwecker

’n Sakeman van Bedfordview, Johannesburg, is gisteroggend koelbloedig voor sy vrou doodgeskiet toe hy vermoedelik in reaksie op haar gille uit die stort hul slaapkamer binnegestorm het.

Mnr. Michael Palm (50) van Kingsweg is doodgeskiet nadat rowers eers die huiswerker en tuinwerker (wie se name nie verstrek is nie) by die agterdeur en daarna sy vrou, Mary-Lynn (48), oorval het nadat sy die agterdeur oopgesluit het, het kapt. Roelien Marais, polisiewoordvoerder, gister gesê.

Die vermoede bestaan dat die rowers op die een of ander manier die kode vir die veiligheidshek bekom het en só toegang tot die erf verkry het. Toe die huiswerker omstreeks 07:00 by die huis opdaag, het die vrou se motor in die oprit gestaan met een insittende in.

Die huiswerker het vermoed dit is die gesin se motorbestuurder en dat mev. Palm wou ry.

Twee rowers het haar op pad agterdeur toe met vuurwapens aangehou. Hulle het toe reeds die tuinwerker oorrompel.

Mev. Palm het oudergewoonte die agterdeur vir die huiswerker oopgesluit. Dis is toe dat sy ook oorval en aangehou is.

Van die vier rowers het die tuinwerker en huiswerker in die kombuis aangehou terwyl die res mev. Palm na die hoofslaapkamer gedwing en geld geëis het.

Die vermoede is dat mnr. Palm die rumoer buite die stort gehoor het en die slaapkamer ingestorm het om sy vrou te help.

Hy is koelbloedig in die bors geskiet, al het hy kaal uit die stort gekom en dus geen wapen by hom kon gehad het nie.

Die moordenaars het daarna met mev. Palm se handsak, haar man se beursie en ’n bos sleutels gevlug.

Hulle het nie enige van die gesin se motors gesteel nie.

Dit is nie bekend hoe hulle gevlug het nie.

Die egpaar se seun, Brain, in sy 20’s, wat in ’n woonstel bo-op die garage langs die huis woon, het na buite gegaan toe hy die skoot gehoor het. Die moordenaars was al weg.

Die egpaar se dogter, Hailey, ook in haar 20’s, het gisteroggend van Rustenburg gekom om haar ma by te staan.

Mnr. Palm het sy eie spysenieringsmaatskappy bedryf met kantore in Steeldale en Alberton.

Verlede Woensdag is mnr. Donovan Smith (75) van Dowerglen uitbr. 2, Bedfordview, in die sitkamer van sy huis doodgeskiet.

Die sleutel was nog in die slot van sy veiligheidshek en sy beursie het op ’n tafel by die lyk gelê.

Net sy selfoon is gesteel.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/427668d8960d4bf58fa47f65fd94f824/03-03-2010-11-16/Sakeman_geskiet_toe_hy_uit_stort_kom


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: