Farm Murders


Malema: Verklaring van oorlog teen Afrikaners
March 14, 2010, 10:01 pm
Filed under: Uncategorized

deur Grensvegter van die Vrystaat

2010-03-11 23:12

Ek is ’n wit Afrikaner (boer) en ek is dus volgens Julius Malema ’n verkragter op wie hy wil skiet. Die ANC kan nou op twee maniere op Julius se nuutste uitlatings reageer.

Hulle kan hulle daarvan distansieer en teen hom optree, of hulle by hom skaar en dan by implikasie oorlog verklaar teen wit Afrikaners.

Aldus Volksblad van 11 Maart, staan die ANC by Malema se “haatspraak”. Die berig, Malema se optrede nie haatspraak, sê ANC verwys.

In die lig gesien van hoeveel boere en hul werkers op hul plase vermoor word, kan ons hierdie tipe praatjies nie langer verdra en ander pad kyk nie.

Maandag het mnr. Nathi Mthethwa in Centurion plaasmoorde ten sterkste veroordeel, maar Julius Malema wil die boere skiet.

Dit het nou tyd geword dat die ANC eerlik is met wit mense en dit duidelik maak waar hulle staan. Hulle is altyd gou om te verklaar dat hulle ’n nie-rassige organisasie is, maar as hul leiers sulke uitsprake maak, kan hulle beswaarlik op nie-rassigheid roem. As hulle hierdie opsweping goedpraat, is dit mos so goed soos ’n oorlogsverklaring teen wit mense.

Laastens, Julius Malema, gaan kyk bietjie wie is die oorgrote meerderheid mense wat regtig in die howe beskuldig word van verkragting en hou op om my en my volksgenote so te beledig. Ons gaan dit nie langer verdra nie.

Oorsprong:Volksblad
http://www.volksblad.com/Content/MyVolksblad/Briewe/2047/1e65484b7eb44392ae9a100f3bde92b8/11-03-2010-11-12/Malema_Verklaring_van_oorlog_teen_Afrikaners


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: