Farm Murders


Dienste: Minister dreig wittes
March 7, 2010, 9:45 pm
Filed under: Uncategorized

Mnr. Sicelo Shiceka Foto: Dudu Zitha

2010-03-03 23:16

Lizel Steenkamp

Kaapstad. – Wit landsburgers wat hul dienstegeld weens swak dienslewering weerhou, kan hulle regmaak vir “oorlog”.

As gesprekke met die nasionale belastingbetalersunie (NBU) wat vir volgende maand beplan word, misluk, gaan die regering wanbetalers hof toe sleep.
So het mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering, gister tydens ’n ministeriële inligtingsessie gewaarsku.

Hulle “ondermyn” munisipaliteite, het Shiceka gesê en gewaarsku sy departement sal hom tot die hof wend as die voorgenome samesprekings met die NBU nie vrugte afwerp nie.

“Ons het uitgevind daar is meer as 280 organisasies – ongelukkig almal wit – wat ’n parallelle regering vorm deur die geld wat munisipaliteite toekom, in ’n trust te betaal. Dit ondermyn munisipaliteite se vermoë om dienste te lewer,” het Shiceka gesê.

Volgens hom moet gegriefde inwoners eerder met die regering praat.

“Kom ons tree in gesprek oor die slaggate en die gebrek aan dienslewering.”

Inwoners van sowat 300 dorpe oor die land heen weerhou hul belasting en dienstegeld onder leiding van die NBU. Dié geld word in afsonderlike rekenings betaal en gebruik om dienste op eie houtjie reg te ruk.

Die minister het aan Beeld gesê hy gaan in April met die NBU vergader.

“Vir nou stem hulle deur hul geld (te weerhou). Maar wat hulle doen, is onwettig. Dis hoekom ons eers wil praat.

“As dit misluk, sal ons regstappe doen. Ek het my departement klaar opdrag gegee om die moontlikhede te ondersoek.”

Mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die NBU, het by navraag ontken hul optrede is onwettig.

Hy het gesê in al die dorpe waar belastingbetalers geld weerhou, is daar vooraf eers ’n dispuut met die munisipaliteit verklaar.

Volgens hom het Shiceka nog nie ’n afspraak met die NBU gemaak nie.

“Uiteraard sal ons met die minister vergader, maar hy moet sy munisipale bestuurders saambring. Een ding moet hy wéét: Dit gaan nie net by praat ophou nie, ons wil aksie sien.”

Shiceka het gister toegegee net behoorlike dienslewering sal inwoners oortuig om weer hul dienstegeld te betaal. Volgens hom wil die regering juis wit gemeenskappe betrek, “want hulle het die vaardighede en die hulpbronne” om ’n verskil te maak.

Shiceka sal vandag, wanneer hy met LUR’s vergader, ’n strategie voorhou om gewelddadige protesoptogte te beperk.

Volgens hom ondermyn dit die departement se omkeerstrategie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/0d4c065a08cc473587ba723d678896bc/03-03-2010-11-16/Dienste_Minister_dreig_wittes


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: