Farm Murders


Vrou geslaan, gebyt, verkrag
February 14, 2010, 7:23 am
Filed under: Uncategorized

2010-02-12 01:59

Wolfram Zweckler

‘Hulle het haar stukkend geskeur. As my hond besig was om my kind te byt, sal ek nie aan die hond kan doen wat hulle aan my vrou gedoen het nie,” het die man van ’n verkragtingslagoffer gistermiddag vertel.

Die 34-jarige vrou van Witfield in Boksburg aan die Oos-Rand was eergisteroggend alleen tuis toe vier werkers wat besig was om ’n grasdak op te sit, haar glo oorval het.

Sy het hul apies in ’n hok langs die oprit van die huis gaan kos gee en daarna weer die huis binnegegaan en haarself toegesluit. Die werkers was buite langs die oprit besig om die dak op te sit.

“Die voorman van die vier het so 12:00 se kant kom klop en vra sy moet iets kom kyk. Toe sy die deur oopmaak het al vier haar gegryp,” het die slagoffer se tannie gister by die huis vertel.

“Hulle het haar met draadhangers vasgebind en met ’n afgebreekte mes in die nek gesteek en geslaan. Hulle wou geld hê en dan druk hulle hul vingers in haar mond en sleep haar aan haar wang en kakebeen deur die huis. Van kamer na kamer.

“Hulle het haar arm stukkend gebyt soos sy haarself probeer beskerm het. Haar bene is stukkend en blou, haar oor bloei en sy kan nie mooi uit die een oog sien nie,” het sy vertel.

Die vier mans het haar glo in die badkamer verkrag en toe verder deur die huis gesleep.

“In ’n stadium moes een van hulle die redial-knoppie op ons huistelefoon gedruk het. Toe ek die oproep ontvang en niemand praat nie, het ek geweet daar is groot fout by die huis. Ek het huis toe gejaag en my bakkie voor die hek gekry.

“Hulle het probeer wegjaag, maar het die bakkie laat vrek,” vertel die man.

Die “voorman” het glo uitgespring, waarna die man hom gejaag en om die hoek vasgekeer het. Hy het hom terug huis toe geneem en aan ’n paal vasgebind waar die polisie hom kom haal het.

“Ek het toe eers gesien wat hulle aan my vrou gedoen het, maar was net dankbaar dat sy nog leef.”

Hy het 10111 gebel, ’n voorvalnommer gekry en meer as twee uur op die polisie gewag.

Intussen is sy vrou na die Roseacres-kliniek in Primrose, Germiston, geneem.

Lede van die Boksburg-Noord-polisie het die ander drie verdagtes gister in die vroeë oggendure in hegtenis geneem, het konst. Cathy Meyer, polisiewoordvoerder, gesê.

Die mans verskyn na verwagting vandag in die Boksburg-landdroshof.

– Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/99abb33f6d7140daae0e032ae7b75d85/12-02-2010-01-59/Vrou_geslaan,_gebyt,_verkrag


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: