Farm Murders


Reg geskied na gru-moord
February 14, 2010, 7:12 am
Filed under: Uncategorized

Written by Lowvelder Editor

Tuesday, 03 November 2009

NELSPRUIT – ‘n Plaaswerker wat gereeld in ’n tenger bejaarde vrou se tuin gewerk het, is die week in die Noord Gautengse Hooggeregshof skuldig bevind aan die sinnelose moord op haar.

Jabulanie Leyne (27) van Curlews is effektief 25 jaar tronk toe gestuur nadat hy ‘n tuisgemaakte mes gebruik het om
me. Sannie Viljoen (87) se keel af te sny. Hy het haar ook ses keer gesteek voordat hy met R300 en ‘n paar juwele gevlug het. Die voorval het op 27 Julie 2007 plaasgevind.

Viljoen het alleen in ‘n huis ongeveer 30 meter van haar dogter, me. Annatjie Liebenberg, se huis op dieselfde plaas in Curlews gewoon. Liebenberg het die oggend na die voorval gaan ondersoek instel omdat haar ma nie haar vensters en deur oopgemaak het soos sy gewoond was nie. Haar ma het in ‘n plas bloed in die kombuis gelê. Leyne het een van die huis se vensters gebreek om toegang te verkry. Die gesin het 17 jaar op die plaas gewoon. Met streng veiligheidsmaatreëls in plek was daar geen kriminele aktiwiteite tot en met die aanval nie.

Volgens kapt. Erhard Ströh van Witrivier Polisiestasie het hulle ‘n maand na die voorval vir Leyne gearresteer nadat sy vingerafdrukke op die toneel gevind is. Hulle het van haar besittings in sy besit gekry en DNS-toetse het hom ook met die misdaadtoneel verbind. Leyne het op die plaas gewoon en vir haar skoonseun op die plaas gewerk.

Leyne het skuldig gepleit op ‘n klag van moord, asook huisbraak met die opset om gewapende roof te pleeg.

Hy is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moorde en 12 jaar vir huisbraak. Regter Halima Saldulker het gelas dat sewe jaar van die huisbraak-vonnis samelopend met die moordvonnis uitgedien moet word. Sy het sterk uitgevaar teen Leyne se dade en dit as ‘n sinnelose moord op ‘n ou vrou wat geen weerstand kon bied nie, beskryf.

Kommentaar

25 Jaar? (Juanique Liebenberg) 25 jaar sal nie my ouma terug bring nie! 25 jaar sal nie die pyn en verlange ooit kan wegvat nie. Ek kan nie help om te wonder of reg en geregtigheid werklik geskied het nie. Ek troos my daaraan dat hy eendag aan my God en Hemelse vader moet antwoord vir sy dade en ek glo daar sal werklike geregtigheid geskied. Die wraak kom my nie toe nie, ek sal vertroosting soek by God.

Oorsprong:Die Laevelder
http://www.lowvelder.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=715:reg-geskied-na-gru-moord&catid=34:news&Itemid=75


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: