Farm Murders


6 Weke, 6 moorde
February 14, 2010, 7:58 am
Filed under: Uncategorized

mnr. Theunis (85) en mev. Suzie (83) Venter

2010-02-12 01:26

Hilda Fourie

Ses bejaardes is die afgelope ses weke in Pretoria vermoor.

Gisteroggend is die lyke van ’n bejaarde egpaar in hul huis in Mayville gevind.

Mnr. Hein Engelbrecht (33) het gisteroggend op die lyke van sy oupa en ouma, mnr. Theunis (85) en mev. Suzie (83) Venter, afgekom.

Die egpaar, wat verlede week hul 59ste huweliksherdenking gevier het, was vermoedelik al sowat 12 uur dood toe hulle gevind is.

Mnr. Venter, wat erg aangerand is, het op sy maag in die sitkamer gelê. Sy vrou, wat gesukkel het om te loop nadat sy vroeër ’n beroerte gehad het, is vermoedelik verwurg. Engelbrecht het haar lyk in die gang gekry.

Die vermoede dat sy verkrag is, sal eers by ’n lykskouing bepaal kan word.

Slegs die egpaar se ou Volkswagen Kombi (met registrasienommer KMC 163 GP), ’n Play-Station2 en ’n DVD word vermis.

Dit is nie bekend hoeveel rowers die egpaar oorval het nie.

Insp. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gister gesê Engelbrecht, ’n veiligheidswag, het omstreeks 06:15 ná sy nagskof by die huis aangekom.

Hy woon saam met sy grootouers in dié huis op die hoek van Louis Trichardtstraat en Mortimerlaan, oorkant die Laerskool Mayville.

“Toe hy by die huis kom, het die hek wawyd oopgestaan, die veiligheidshek van die stoep was oop en die Kombi het nie onder die afdak gestaan nie,” het Olivier gesê.

“Hy het sy motorfiets op die gras geparkeer en die huis binnegestorm waar hy op sy ouma en oupa se lyke afgekom het.

“Hy het hulle probeer wakker maak, maar hulle wou nie wakker word nie.”

Die egpaar se boerboel, Luna, het onder die kombuistafel gelê toe polisielede op die toneel kom. Sy is blykbaar erg geskop en geslaan en het nie beweeg nie totdat die polisie die toneel klaar ondersoek het.

Me. Yvette Engelbrecht (29) het in trane gesê haar oupa en ouma wou nooit na ’n ouetehuis gaan nie. Hulle wou nie eens by haar in Kempton Park gaan woon nie. “My oupa het altyd gesê hulle sal doodgaan as hulle in ’n ouetehuis gaan bly. Hulle het baie goeie harte gehad.”

’n Saak van huisroof en moord word ondersoek. ’n Klag van verkragting sal moontlik later bygevoeg word.

Bejaardes wat vermoor is:

3 Februarie: Dr. Francois Steenkamp (71), ’n afgetrede kardioloog wat jare lank in die Medi-Clinic-harthospitaal in Arcadia gewerk het, is wreed in sy huis in die Newlands Park-aftreeoord in Pretoria vermoor. Steenkamp is glo erg aangerand, sy kop is stukkend geslaan en sy hande was agter sy rug vasgebind.
25 Januarie: Me. Elsa Blignaut se lyk is twee dae ná haar 83ste verjaarsdag in haar bed in haar huis in Nieuw Muckleneuk, Pretoria gekry. Sy is vermoedelik verwurg.
13 Januarie: Mev. Ria van den Bergh (65) is helder oordag in haar huis in Hermanstad, Pretoria deur rowers oorval en doodgeslaan.
8 Januarie: Mev. Kitty Botha (83) is in haar huis in Lyttelton, Centurion oorval, vasgebind, gewurg en doodgeslaan voordat haar huis aan die brand gesteek is.
November 2009: Kol. (afgetree) Piet Swemmer (89) is in sy huis in Waterkloofrif, Pretoria met ’n hamer doodgeslaan.

– Beeld

Oorsprong: Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/9c6414212e064fa590f6e9c05075f510/12-02-2010-01-26/6_Weke,_6_moorde


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: