Farm Murders


Boer sterf langs sy vrou in bed ná 2 skote
February 8, 2010, 7:46 am
Filed under: Uncategorized

Mnr. Koos van Staden (69) en sy vrou, Henriette (66). Mnr. Van Staden is eergisteraand koelbloedig op sy plaas in die Hoedspruit-distrik in Limpopo doodgeskiet.

2010-02-05 21:51

Marietie Louw-Carstens

Hoedspruit – ‘n Boer van Hoedspruit in Limpopo is deur sy kamervenster koelbloedig in die nek geskiet terwyl hy in die bed gelê en TV kyk het.

Mnr. Koos van Staden (69) het hom langs sy vrou, Henriette (66), doodgebloei. Hy sou in April 70 geword het.

Die onbekende aantal aanvallers het niks gesteel nie.

Mev. Van Staden het met haar pistool op die aanvallers teruggeskiet, maar hulle het weggekom.

“Ek het aan hulle gesê: ‘Wat wil julle nog hê? …hy is nou besig om dood te gaan’,” het ’n steeds geskokte mev. Van Staden gister aan Beeld gesê.

Die aanvallers het eergisteraand by die egpaar se huis op die Glencoe Sugar Estates buite Hoedspruit ingebreek. Hulle het by ’n kombuisvenster ingekom.

Mnr. Braam van der Merwe, voorsitter van Agri SA in die Hoedspruit-distrik, het gesê die aanvallers het hulle in ’n veiligheidshek voor die hoofslaapkamer vasgeloop. Hulle het om die huis gestap en die hoofslaapkamervenster met ’n graaf stukkend geslaan.

Mev. Van Staden het gesê sy en haar man was ná 21:00 in hul kamer. Hulle het TV gekyk voordat hulle sou slaap. Mev. Van Staden het gesê haar man was effens hardhorend en die TV se klank was baie hard. Hulle het nie gehoor toe die aanvallers by die kombuis inbreek nie.

“Ons het skielik net die hande gesien wat by die gordyne verbysteek. En toe die pistool en toe die een se gesig met ’n klapmus op.”

Die aanvallers het twee skote geskiet. Mnr. Van Staden is in die nek getref.

“My pistool was by my en ek het teruggeskiet op hulle, maar dit was te laat. My man het iets aan my gesê, maar ek kan nie onthou wat nie.”

Mev. Van Staden het gesê die aanvallers het nie eens haar handsak met haar beursie in wat in die kombuis was, gevat nie.

Mev. Wendy van Staden, die egpaar se skoondogter, het gesê hulle het “nooit, nooit gedink so iets sal gebeur nie”.

Supt. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê spoorsnyers en polisiehonde het gister na die aanvallers gesoek.

Teen druktyd is niemand nog weens die moord in hegtenis geneem nie.

–Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/022320bf95fd42acbb2e6e7892f85de9/05-02-2010-09-51/Boer_sterf_langs_sy_vrou_in_bed_n%C3%A1_2_skote_


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: