Farm Murders


Weg met Afrikaans as onderrigtaal – jong Rooies
January 30, 2010, 11:39 pm
Filed under: Uncategorized

Die Gekombineerde Skool Christiana.

2010-01-30 23:34

Carien Kruger

“Afrikaans is ’n bose gees en moet as onderrigtaal afgeskaf word.”

Só sê mnr. Gaolatlhe Kgabo, ’n sekretaris van die SAKP-jeugliga in ’n wyk in Christiana.

Dié wyk het op 22 Januarie ’n optog na die Gekombineerde Skool Christiana, ’n Afrikaanse skool, gehou en ’n memorandum aan die onderwysdepartement van Noordwes oorhandig.

Daarin vra Kgabo dat Engels Afrikaans as onderrigtaal moet vervang.

Hy trek só sterk teen Afrikaans te velde dat die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) die afgelope week ’n klag van haatspraak by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien het.

Die memorandum lui onder meer: “It is further high time that the so called lion (white man) no longer sees an impala (black man) as its daily bread.”

Afrikaans is volgens die SAKP-jeug­liga ’n “reuse-Goliat in ysterklere” wat die reg tot opvoeding in die Vryheidsmanifes weerspreek.

Kgabo het Vrydag aanRapport gesê die hoërskool in die township Utlwanang, die enigste Engelse skool in die Christiana-omgewing, is oorvol en die naaste ander skool met Engelse onderrig is in Bloemhof.

Daarom moet Christiana se skool nou Engels word om die leerlinge te help akkommodeer. Die uitgesproke Kgabo sê hy het nie sy mes in vir Afrikaanssprekende mense nie, maar wel vir Afrikaans “as stelsel”.

“As ek die president of God was, sou ek Afrikaans laat afskaf het.”

Me. Gugu Ndima, nasionale woordvoerder vir die SAKP-jeugliga, sê hulle ondersteun hul streektak se Christiana-memorandum. “Onderrigtaal word gebruik om sekere studente te marginaliseer.”

Oor die klag by die MRK het sy gesê wat vir sekere mense haatspraak is, is vir ander bloot ’n uitlaatklep vir hul frustrasie.

Mnr. Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, sê die fout in die onderrigstelsel word op die verkeerde plek gesoek.

“Desperate leerlinge gryp na funksionele en doeltreffende skole vir hoop.”

Dis uiters belangrik om “die pleidooi agter die rassistiese opmerkings raak te sien”: die departement moet toesien dat elke skool toegerus is om hoop vir die leerlinge en gemeenskap te bring.

Volgens Colditz is die hele kwessie duidelik polities georkestreer. “Volgens ons inligting is daar nie ’n gebrek aan ruimte vir onderrig van leerlinge in Engels in daardie omgewing nie.

“In elk geval is Christiana sodanig vol dat hulle nie na parallelmedium kan oorskakel nie.”

– Rapport

Oorsprong:Rapport
http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/1565f41ac7244a21ac2a19f62b3d0c17/30-01-2010-11-34/Weg_met_Afrikaans_as_onderrigtaal_%E2%80%93_jong_Rooies


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: