Farm Murders


Verkragters ‘gaan nou lekker leef’
January 30, 2010, 10:08 pm
Filed under: Uncategorized

Pitso Kapelo (links) en Edwin Molefe verlaat die hof nadat hulle tot onderskeidelik 21 en 16 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis is weens onder meer verkragting.

2010-01-28 23:47

Linda de Beer

Klerksdorp. – Drie mans wat twee susters in 2008 herhaaldelik voor ’n vierjarige meisie verkrag het, is gister hier tot tussen 16 en 25 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis.

Edwin Molefe (20), Pitso Kapelo (18) en Steven Selebale (25) het die twee susters van onderskeidelik 61 en 67 jaar oud in Maart 2008 in die vroeë oggendure in hul huis in Alabama oorval en onder meer in die kombuis, badkamer en slaapkamer verkrag. Hulle het die huis daarna geplunder.

Die oudste suster, nou 68, het tydens die voorval ’n beroerte gekry. Adv. Christo Roberts, senior staatsadvokaat, het in sy betoog voor vonnisoplegging in die rondgaande hof gesê sy is sedertdien ’n “lewende lyk” in ’n rystoel.

Die jongste suster het Molefe, Kapelo en Selebale uitgeken as jeugdiges wat meer as een keer kos en water by hul huis gevra en gekry het. Die susters was “vooraanstaande gemeenskapslede” wat ’n sopkombuis by ’n skool bedryf en vir behoeftige bejaardes help sorg het, het kapt. Melody Pieterse, ondersoekbeampte van Klerksdorp se speurtak, gesê.

Een van die susters se vierjarige kleindogter het tydens die voorval by hulle gekuier.

Sy was in die slaapkamer tydens die verkragtings.

Regter Frits van Oosten het in sy vonnisoplegging verwys na die trauma wat dié meisie opgedoen het. Die meisie se ouma het ná die vonnisoplegging gesê dit maak nie saak hoe lank die beskuldigdes tronk toe gaan nie, dit sal nie die lewe terugbring wat sy voor die voorval gehad het nie.

“Hulle gaan nou deur die staat versôre word en ’n lekker lewe in die tronk hê. Hulle weet wat gaan hulle môre eet.

“En ek sit met die knou van die vernedering wat ek deurgemaak het,” het die vrou gesê.

Sy woon by haar kinders.

Die huis waarin sy en haar suster gebly het, het maande ná die voorval afgebrand. Hul broer is in dié brand dood.

Molefe, Kapelo en Selebale het skuld ontken op al die aanklagte.

Molefe is eindelik tot 21 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis, Kapelo tot 16 jaar en Selebale tot lewenslank of 25 jaar.

Die aanklagte het ingesluit verkragting, huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede, asook ’n aanklag wat verband hou met die pleeg van ’n seksuele misdryf voor ’n minderjarige.

Van Oosten het Molefe en Selebale se aansoek om verlof tot appèl geweier.

– Beeld

Oorspong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/5cfe4c9f03c94d599d4c9beae0321bc0/28-01-2010-11-47/Verkragters_%E2%80%98gaan_nou_lekker_leef%E2%80%99


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: