Farm Murders


Ek wil nie langer in SA woon, sê 12-jarige
January 30, 2010, 10:04 pm
Filed under: Uncategorized

deur Izana Zaaiman

2010-01-28 21:18

Ek is 12 jaar oud en in gr. 7 by die Doxa Deo-skool in Pretoria-Oos. My gunsteling-tydverdryf is lees. Ek verslind boeke, tydskrifte en ook Beeld.

Ek het einde November begin om alle negatiewe opskrifte en spotprente in Beeld uit te knip vir ’n plakboek om ’n geheelindruk van geweld en rassisme in ons land te kan vorm.

Ek het ook opskrifte ingeplak wat die agteruitgang in ons land op alle vlakke uitlig. Binne slegs twee weke het die taak so omvangryk geword dat ek dit gestaak het.

Ek kan nie help om te wonder waarom ons in Suid-Afrika woon en nie eerder emigreer nie. Suid-Afrikaanse kinders is stukkend: Ons word groot in tye met baie spanning en angs.

Ons hoor wanneer volwassenes praat oor veiligheid by ons huise, winkelsentrums en in ons motors. Ons hoor en lees van plaasaanvalle, kapings, rooftogte, verkragtings, korrupsie, agteruitgang van munisipale dienste en gebrek aan gehalte-onderrig.

Ons wil nie emosioneel afgestomp raak deurdat ons gewoond raak aan die onnatuurlike gebeure en situasies in ons land nie. Ons wil graag geborge voel in ons land. Maar hoe kan ons? Wanneer ’n mens ’n koerant oopvou, word jy gekonfronteer met die negatiewe.

Ek wil nie langer in Suid-Afrika woon nie.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/MyBeeld/Briewe/1976/6e7c5115f3834614b3158370d279208a/28-01-2010-09-18/Ek_wil_nie_langer_in_SA_woon,_s%C3%AA_12-jarige


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: