Farm Murders


Vrystaatse boer wreed vermoor
January 24, 2010, 1:54 am
Filed under: Uncategorized

2010-01-23 17:33

Bloemfontein – ’n 59-jarige Boer van die Vrystaat is vroeg Saterdagoggend aangeval en na bewering deur drie mans op sy plaas in Ficksburg vermoor, het die polisie gesê.

Sers. Majang Mosupa het gesê die voorval het omstreeks 05:00 Saterdagoggend op die plaas met die naam Goeiehoop plaasgevind.

Die slagoffer Ernest Giefeke het na buite gegaan om sy diere en plante water te gee toe hy deur die mans oorval is, het sy gesê.

“Hy was met ‘n klip aan die agterkant van sy kop geslaan en sy keel is met ‘n mes afgesny,” het Mosupa gesê.

Die gewapende mans het daarna glo die huis binnegegaan en geld en vuurwapens by sy vrou geëis.

Die vrou het egter daarin geslaag om die noodhulpknoppie te druk. Die mans, wat ‘n mes en ‘n skroewedraaier by hulle gehad het, het geskrik en die toneel gevlug.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Oorsprong:Nuus24
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1479/afc97b7d7129423a9f9cc9ef5ab77baf/23-01-2010-05-33/Vrystaatse_boer_wreed_vermoor


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: