Farm Murders


Egpaar vir niks geskiet
November 4, 2009, 9:44 pm
Filed under: Uncategorized

Mev. Hetta en mnr. Leon Steyn voor hul restaurant.

2009-10-30 01:01

Buks Viljoen

Nelspruit. – Die eienaars van ’n gewilde eetplek naby Nelspruit in Mpumalanga is gisteroggend met ’n R5-aanvalsgeweer doodgeskiet.

Mnr. Leon en mev. Hetta Steyn was die eienaars van die Artist’s Café by die ou Hendriksdal-spoorwegstasie, sowat 35km buite Nelspruit.

Mnr. Martin Boulton, ’n buurman, het op hulle afgekom nadat hy verskeie skote hoor klap het.

Toe hy aan die voordeur klop en na die egpaar roep, het die twee moordenaars, van wie een ’n geweer by hom gehad het, by die agterdeur van die huis uitgevlug.

Die egpaar is omstreeks 07:00 aangeval kort nadat mev. Steyn die huis se agterdeur en veiligheidshek oopgesluit het.

Sy was voorheen ’n kleuterskoolonderwyseres aan die Wes-Rand. Haar lyk het half regop teen die yskas in die kombuis gelê. Sy het ’n gapende wond aan die kop gehad.

Mnr. Steyn se lyk het langs sy bed in die hoofslaapkamer gelê.

Sy .38-rewolwer het steeds in die skede op die bedkassie gelê. Hy is deur die bors geskiet.

Albei die Steyns was nog in hul nagklere.

By die polisie se aankoms by die moordhuis is ses R5-patroondoppies en ’n R5-patroon in die huis opgetel.

Volgens insp. Whitey Nel van die polisie in Sabie is die motief vir die moord duister omdat niks uit die huis vermis word nie.

Lede van die polisie se honde-eenheid in Witrivier was kort ná die moord op die toneel en het die twee stelle voetspore van die rowers begin volg.

Die honde het die spoor nog sowat ’n uur lank deur die omliggende bosbouplantasies uitgesnuffel.

“Ons moes die soektog egter noodgedwonge aflas toe ’n swaar reënbui oor die gebied uitgesak het. Die spore is deur die reën uitgewis,” het kapt. Phil Liebenberg van die honde-eenheid gistermiddag gesê.

Die Artist’s Café en die gastehuis is in die ou stasiegebou en die destydse stasiemeester se huis.

Die restaurant is veral gewild onder buitelandse toeriste.

Kragtens wet mag net die polisie en die weermag R5-aanvalsgewere besit. Die polisie het vroeër vandeesmaand gesê 147 R5-aanvalsgewere het die afgelope jaar uit polisievoorraad verdwyn.

Die landbou-organisasie TLU SA het eergister gesê die staat behoort ’n behoorlike oudit van staatswapens te doen omdat te veel misdade met vuurwapens soos R5’s gepleeg word.

Mev. Steyn laat haar seun uit ’n vorige huwelik, mnr. Dirk Nel (24), agter.

Enigiemand met inligting kan insp. Nel by 013-764-9960 bel.

– Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/a3a7ea28303b4f629525d120b9603373/30-10-2009-01-01/Egpaar_vir_niks_geskiet


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: