Farm Murders


Metro-lid lei roofbende
October 10, 2009, 10:16 pm
Filed under: Uncategorized

2009-10-09 00:09

Hilda Fourie

’n Bende wat glo deur ’n Tshwane-metro­polisielid gelei is, het gisteroggend op ’n fisioterapeut van Centurion getrap en haar gewurg totdat sy bloed opgegooi het.

Hulle het haar gelos om te sterf, maar sy het sowat 50m ver gekruip om hulp by ’n buurman te kry.

Die metropolisielid is omstreeks 11:30 in Pretoria-Wes aangekeer, byna twee uur ná die aanval op me. Elaine Cahill (25) in haar ouerhuis in Raslouw.

Cahill, met wurg- en skaafmerke duidelik sigbaar aan haar liggaam, het gistermiddag in trane vertel twee mans het eers by die huis aangekom en voorgegee hulle wil na ’n buitegebou kyk wat hulle wou huur.

Nog twee mans het later opgedaag.

Twee van die mans het die uniforms van veiligheidswagte gedra.

Cahill het die mans na die buitegebou geneem wat haar ouers, mnr. Billy en mev. Erna Cahill, op hul kleinhoewe verhuur.

“Net toe hulle die deposito sou betaal, het hulle my teen die grond vasgedruk en ’n wapen teen my kop gedruk.

“Hulle het gesê as ek nie gaan stilbly nie, gaan hulle my skiet. Hulle het my hande geboei en voete met my belt vasgebind waarna hulle pepersproei in my gesig gespuit en op my getrap het.

“Daarna het hulle ’n baadjie om my kop gedraai en my met skoenveters gewurg,” het Cahill vertel.

“Ek het twee vingers tussen my keel en die skoenveters ingedruk om te kan asemhaal.

“Hulle het my gelos toe ek begin bloed opgooi het. Hulle het my gelos om verder te versmoor.”

Volgens Cahill het sy ’n rukkie lank stil gelê voordat sy begin het om na mnr. Das Pillay, die buurman, se huis sowat 50m daarvandaan te kruip.

By die draad tussen die twee erwe kon sy haar loswoel voordat sy oor die draad geklim het.

Intussen het die rowers ’n vuurwapen teen die Cahills se huiswerker se kop gehou en die huis geplunder.

Hulle het onder meer medaljes, juwele, ’n sjampanjebottel en ’n GPS in ’n sportsak gegooi.

Pillay het die polisie en ’n veiligheidsdiens gebel. Toe die rowers hulle hoor aankom, het hulle die sportsak neergegooi, ’n skuifdeur stukkend geskiet en daardeur gevlug. Hulle het oor die muur geklim.

Die veiligheidsdiens se wagte het die metropolisielid glo op die toneel gekry. Hy het sy kenteken aan hulle gewys en hulle het hom laat gaan.

Een van twee ander verdagtes wat naby die toneel in hegtenis geneem is, het die metropolisielid betrek, waarna polisielede per radio gewaarsku is om op die uitkyk vir hom te wees.

Lede van die polisie se snel­reaksie-eenheid het hom by ’n skrootwerf in Pretoria-Wes aangekeer. Mnr. Console Tleane, woordvoerder van Tshwane se departement van gemeenskapsveiligheid, het gesê die metro­polisielid het glo sy dienspistool in die voorval gebruik en ook ou uniforms van die Coin-veiligheidsmaatskappy aan sy makkers verskaf.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, het die voorval en die arrestasies bevestig.

– Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/4e2be72b450a442e811680fb8b60c438/09-10-2009-12-09/Metro-lid_lei_roofbende


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: