Farm Murders


Landbou in Noordwes kap LUR oor sy uitlatings
October 1, 2009, 2:21 am
Filed under: Uncategorized

2009-10-01 00:38

Nicolize van der Walt

Klerksdorp. – Die georganiseerde landbou het hulle skerp teen die optrede vandeesweek van mnr. Howard Yawa, LUR vir openbare veiligheid in Noordwes, uitgespreek nadat ’n boer van Lichtenburg glo ’n betreder op sy plaas gewond het.

Agri Noordwes en TLU SA het hul misnoeë met Yawa se optrede in verklarings uitgespreek.

Yawa het mnr. Oupa Mokgalagadi, die vermeende slagoffer, in die hospitaal besoek en hom verseker “die regstelsel sal optree teen trigger-happy boere wat ongewapende landsburgers om watter rede ook al skiet”. Yawa het ook gewaarsku “dis nie die wilde Weste dié nie”.

Mnr. Jan Wessel van der Berg (49) van die plaas Mooimeisiesfontein naby Rooigrond in die Lichtenburg-distrik het vroeër vandeesweek in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord. Hy is op borgtog van R6 000 vrygelaat.

Mnr. Andries Beyers, president van Agri Noordwes, het gesê: “Verpolitisering en wanvoorstelling van die jongste voorval op ’n plaas by Rooigrond waarin ’n misdadiger op heterdaad betrap is waar hy omheiningsmateriaal steel en toe regmatig gewond is nadat hy die plaaseienaar aangeval het, is egter tekenend van opportunistiese politici en vakbonde. se misbruik en uitbuiting van sulke voorvalle. Dit is kommerwekkend dat die rassekaart voortdurend gespeel word.

“Byna elke keer dat ’n voorval op ’n plaas afspeel, ongeag die feitelike omstandighede, word die misdadige oortreders as die onskuldige slagoffers en die plaaseienaar as die rassistiese aggressor uitgebeeld.”

Volgens Agri Noordwes is plaasaanvalle en rooftogte gewelddadig en wreed en die aanvallers het dikwels vuurwapens en gebruik dit.

“Om onder hierdie omstandighede van ‘trigger-happy’ boere en die ‘Wild West’ te praat is onvanpas en ’n openbaring van die LUR se wanopvatting van die heersende veiligheidstoestande op plase.”

Mnr. Boeta du Toit, uitvoerende bestuurder van Agri Noordwes, het wel in die verklaring Yawa se pogings om met die boeregemeenskap in gesprek te tree, verwelkom.

TLU SA het egter laat blyk hulle besin ernstig oor die sinvolheid van ’n gesprek oor misdaad met Yawa.

“Dit is moeilik om sinvol met iemand te praat wat al besluit het plaasboere het ’n Wilde Weste-benadering deur links en regs op plaaswerkers te skiet. Die LUR se uitlatings was verregaande, want die polisie-ondersoek is nog nie eens afgehandel nie,’’ het mnr. Wilhelm Rochér, voorsitter van TLU SA se Wes-streek, gesê.

Yawa het teen druktyd nie op Beeld se navrae om kommentaar gereageer nie.

– Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/a998e250e6fe46388b2a5f3fb9861fca/01-10-2009-12-38/Landbou_in_Noordwes_kap_LUR_oor_sy_uitlatings


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: