Farm Murders


Wag skiet terug, koeëlwond en al
September 23, 2009, 8:59 am
Filed under: Uncategorized

2009-09-23 02:26

Hilda Fourie

Met ’n koeëlwond in sy bobeen en nog sowat 16 koeëls wat om hom neerreën het ’n veiligheidswag gister sy dienspistool uitgeruk en op boosdoeners teruggeskiet.

Dié voorval was die derde in Pierre van Ryneveld in Centurion die afgelope paar jaar waar mnr. Willie Venter (31) met sy lewe daarvan afgekom het.

Hy is al voorheen tydens onderonsies met boewe geskiet.

Venter, wat help om ’n veiligheidskompleks in dié woongebied te beveilig, het eergister omstreeks middernag ’n oproep ontvang oor drie verdagtes wat opgemerk is.

Volgens Venter het hy en sy kollegas sowat ’n uur na die verdagtes gesoek.

Die mans het heeltyd vir hulle weggehardloop en weggekruip in die kompleks wat ’n radius van sowat 1,2?km het.

“Ek het een man op die perseel gekry en hom gekonfronteer,” het Venter gesê.

“Ek het hom gegryp en ons het ’n bie­tjie gestoei.

“Toe ek die tweede keer na hom skop, het ek gevoel my been brand. Ek het besef ek is geskiet. Ek het nie eens die skoot gehoor nie.”

Venter het gesê dit was nie te seer nie en hy kon nog staan en loop.

Die volgende oomblik het die ander twee mans aangeloop gekom en op hom begin skiet.

“Tussen hulle drie het hulle seker 16 skote op my geskiet,” het hy gesê. “Ek het my pistool gekry en teruggeskiet. Ek het alles in my vermoë gedoen dat hulle net van my af wegbly. Ek dink die feit dat ek teruggeskiet het, het gemaak dat hulle weghardloop.”

Venter is nie seker of hy een van hulle getref het nie.

Al waarvoor hy dankbaar is, is dat hy gesien het hoe die ander twee aangeloop gekom het. “Anders het hulle my doodgeskiet.”

Venter is ná die voorval vir behandeling na die Unitas-hospitaal in Centurion geneem en ’n paar uur later ontslaan om tuis in Elarduspark, naby Pierre van Ryneveld, te gaan herstel.

Ná die voorval is hy nie seker wat hy gedink het toe die koeëls om hom neergereën het nie. “Ek weet net ek was die moer in. Dat hulle die arrogansie het om op my te skiet het dit net te erg gemaak.”

– Beeld

Oorsprong: Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/620a4160186f43eeadde208b3926ea2e/23-09-2009-02-26/Wag_skiet_terug,_koe%C3%ABlwond_en_al


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: