Farm Murders


2 erken gru-dade met vroue
September 13, 2009, 6:01 am
Filed under: Uncategorized

2009-09-11 11:17

Virginia Keppler

Twee mans wat daarvan aangekla is dat hulle drie vroue van Bronkhorstspruit beroof, aangerand, ontvoer én geskiet het, het gister in die landdroshof in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, op 32 aanklagte skuld beken.

“Ek het geweet wat ek doen was verkeerd.”

So het mnr. Daniel Motshwarateu (23), tuinier van mev. Anna Jacoba Myburgh (65) sr., gister voor landdros Magriet Cook getuig.

Motshwarateu en mnr. Helton Matsimela (27), sy medebe­skuldigde, het op onder meer poging tot moord, menseroof, motordiefstal en die onwettige besit van vuurwapens, huisbraak, roof met verswarende omstandighede en die besit van vuurwapens en ammunisie skuld beken.

Hulle verdedig hulself.

Motshwarateu het gister getuig hoe hy vir die eerste keer in Desember verlede jaar by die woonstel agter in die Myburgh-gesin se huis by ’n venster ingebreek en ’n vuurwapen gesteel het.

Hy het gesê die oggend van 18 Februarie het hy die wapen by hom gehad toe hy en Matsimela agter me. Paulina Moyana, die huiswerker, by die Myburghs se hek ingeglip het.

Hulle het Moyana in die kombuis oorval en gevra waar Myburgh sr. is.

“Ons het die huiswerker na die eienaar (Myburgh sr.) se kamer geneem. Ek het haar met die vuurwapen aangehou en het geld gevra, maar sy het gesê sy het nie geld nie.”

Hy het gesê Matsimela het ’n mes gevat en Myburgh sr. in die been gesteek.

“Sy het gesê ons moet haar handsak deursoek waar ons kleingeld, R400 en ’n vuurwapen gekry het.

“My medebeskuldigde het die vuurwapen gevat. Hy het daarna ’n strykyster aangeskakel en die vrou gebrand, maar sy het steeds gesê sy het nie (nog) geld nie. Terwyl ons met haar oor geld gestry het, het die ander vrou (me. Edri Myburgh, Myburgh sr. se skoondogter) daar aangekom.”

Sy is ook in die huis oorval.

“Die eerste vrou (Myburgh sr.) het gesê ons kan haar bankkaarte kry en geld gaan trek.”

Die mans het daarna al drie die vroue in Myburgh jr. se motor gelaai en sowat 53 km ver met hulle na Ogies gery.

“Ons het R1 000 uit die eerste vrou se bankkaart getrek. Ons het probeer geld trek uit haar ander kaarte ook, maar was onsuksesvol. Ons wou net geld hê,” het Motshwarateu getuig.

Hulle het daarna op die Spitskop/Sarita-pad gery waar hulle Myburgh sr. in die kop agter die linkeroor en Myburgh jr. in die mond geskiet en op die grondpad vir dood agtergelaat het.

Die verhoor duur voort.

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/11148fd49c274c4b98711d82a3173ecd/11-09-2009-11-17/2_erken_gru-dade_met_vroue


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: