Farm Murders


Meer as 500 honde in Heidelberg vergiftig
August 6, 2009, 9:49 am
Filed under: Uncategorized

Aug 04 2009 09:19:17:597PM – (SA)

Gloria Edwards

Meer as 500 honde is sedert begin Januarie in die Gautengse dorp Heidelberg gif ingegee.

Dit is net een plaaslike veearts se syfers, het mev. Debbie Seinsch, ’n inwoner, gesê. “Uit die 500 kon die veearts net 40 red.”

Mnr. Johan Bester, voorsitter van die Heidelbergse gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het gister op ’n noodvergadering gesê Heidelberg is ’n rampgebied vir honde.

Van die woedende inwoners het gedreig om die mense wat hul honde vergif, dood te maak.

Die honde word met aldikarb, beter bekend as Two Step, vergiftig.

Verskeie gemeenskapslede het by die vergadering opgedaag om antwoorde van die polisie te kry oor wat hulle as “ ’n gebrek aan optrede teen misdadigers” bestempel.

Hulle het gedreig om eie reg te gebruik as die polisie “nie vinnig optree en ons en ons diere beskerm nie”.

Seinsch se skoondogter, Leoni, wat in J.G. Strydomstraat in Rensburg bly, het al drie keer deurgeloop.

“Ek het vier honde verloor en twee is gered.”

Inwoners het gekla die bevelvoerder van die plaaslike polisiekantoor “doen niks aan die situasie nie”. Dié bevelvoerder, sr. supt. Balaraman Govindasamy, was nie by die vergadering nie.

Seinsch het aan Beeld gesê hulle het met die laaste vergiftiging ’n beloning van R10 000 uitgeloof. In reaksie daarop het hulle ’n oproep van ’n man uit die nabygeleë Ratanda-plakkerskamp ontvang wat vir hulle inligting gegee het oor ’n “georganiseerde diefstalsindikaat wat honde vergiftig”.

“Ons het dié inligting na die Heidelberg-speurtak geneem, maar ’n inspekteur daar het geweier om dit te aanvaar omdat dit ‘nie sy werk is nie’. Ons het die inligting na die polisie se tak teen georganiseerde misdaad geneem, maar tot nou toe het niks daarvan gekom nie.”

Mev. Margaret Paton het ook oor die polisie se trae reaksie gekla.

Bester het Heidelberg toe tot “rampgebied vir honde” verklaar en gesê die polisie moet “onmiddellik ’n aksieplan verskaf”.

Supt. Michiel Olivier van die plaaslike polisiekantoor het gesê al is dit moeilik om sulke misdadigers vas te trek, sal hulle alles in hul vermoë doen om saam met die gemeenskap ’n oplossing te vind.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2545121,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: