Farm Murders


Dankbaar hy leef ná 43 steke met mes
August 6, 2009, 9:22 am
Filed under: Uncategorized

Aug 05 2009 09:03:15:637PM – (SA)

Gloria Edwards

’n Man van Brakpan wat 43 keer met ’n mes gesteek en meer as ’n uur lank deur huisrowers gemartel is terwyl sy huiswerker glo toegekyk het, meen dis “ ’n wonderwerk dat ek leef”.

Mnr. Herman Smit (49) se huiswerker het eergister in die plaaslike landdroshof verskyn weens betrokkenheid by dié huisroof en poging tot moord.

Mev. Bettie Sindane (51), wat sowat 18 maande vir Smit gewerk het, is Vrydag in hegtenis geneem nadat Smit haar gekonfronteer het. Sy is in polisie-aanhouding.

Smit het gister aan Beeld vertel hoe “ongelooflik dankbaar ek is dat die Here my lewe gered het”. “Ek was nie ’n vreeslike gelowige mens nie, maar nou is ek.”

Hy is verlede Woensdag in sy huis in Huilboomstraat, Dalpark, oorval nadat Sindane na bewering vier rowers ingelaat en Smit uit sy geslote kamer gelok het. Dít nadat sy glo eers sy vierjarige Doberman, Shakira, vergiftig het.

Smit vertel hy het “ ’n gut feel gehad” iets gaan gebeur omdat Sindane “haar roetine skielik verander het”. “Ek wou laat slaap en het my kamerdeur gesluit. Net ná 08:00 het ek gehoor my klein hondjie, Lulu (’n vierjarige Foxterrier-kruis) blaf vreeslik, maar ek het gedink sy jaag iets. Ek’t gesien die deurhandvatsel word afgedruk en toe klop Bettie en sê daar’s iets fout met Kira (die Doberman).”

Hy vertel bewoë hy het eers later uitgevind sy kampioen-teelhond is vergiftig. Intussen het die rowers Lulu in beddegoed toegedraai en in die wasgoedmandjie gedruk.

“Toe ek die deur oopsluit, toe’s hulle op my. Hulle het my hande styf agter my rug aan my voete vasgebind en kleefband om my mond en neus gedraai. Ek het my tong uitgesteek sodat ek langs die kante gapings het om asem te haal.”

Smit, ’n pa van vier, se vrou, Della, en jongste seun, Karel (16), was onderskeidelik by die werk en skool.

Hy is geskop en geslaan en in die rug met ’n mes gesteek terwyl Sindane glo toegekyk het. “My voortande, neus en ’n paar ribbes is in die proses gebreek. Maar ek het absoluut geen pyn beleef nie.”

Hy is drie keer van sy slaapkamer na die motorhuis aan sy hare gesleep terwyl die rowers geld geëis het.

“Hulle wou my met die strykyster brand, maar die krag het wonderbaarlik ge-trip.”

Die rowers het die gesin se persoonlike besittings in Smit se Audi gelaai en hom in ’n kas toegemaak voordat hulle gevlug het. Hy het uit die kas gerol en Sindane was skielik daar met “haar hande ligtelik vasgebind”.

“Sy het my voete losgemaak, ek het na die agterdeur gehardloop en die bure se tuinier gevind wat die rowers sien vlug en kom help het. Hy het my bure, die Swanepoels en Labuschagne’s, ingelig en hulle het die polisie, wat binne minute hier was, ontbied. Almal was fantasties. Dis ’n wonderwerk dat ek so lig hiervan afgekom het.”

Die Audi is ’n halfuur later in Duduza teruggevind.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2545468,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: