Farm Murders


3 ontken skuld nadat dwaalkoeël meisie eis
August 6, 2009, 9:33 am
Filed under: Uncategorized

Aug 05 2009 09:03:46:793PM – (SA)

Daniëlla du Plooy

Die drie vermeende moordenaars van die 12-jarige Emily Williams het gister in die hooggeregshof in Johannesburg skuld op die aanklagte teen hulle ontken.

’n Dwaalkoeël het Emily in Februarie verlede jaar tydens ’n skietery tussen rowers en veiligheidswagte in Fairland, Johannesburg, in die kop getref.

Mnre. David Busakwe (29), Innocent Skotseni (29) en Shadrack Showe (34) voer aan hulle was nie dié dag naby die moordtoneel nie. Hulle staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Mnr. Andrew Sanders, eienaar van die huis wat die oggend van Emily se dood beroof is, het gister getuig hy en sy dogter, Alison (nou 13), Emily se vriendin, het die oggend by die motorhuis uitgeloop.

Hy sou saam met haar oorkant die straat op mev. Toni Williams, Emily se ma, gaan wag om Alison vir skool op te laai toe ’n man agter die bosse in hul tuin uitgeloop het.

“Hy het ’n geweer op ons gerig en beveel om om te draai. Ek het aan Alison gesê sy moet net afkyk en doen wat hy sê.

“Hy het die geweer teen my slaap gehou en saam met ons by die huis ingestap. Ek het uit die hoek van my oog gesien daar is nóg mans.”

In die huis het die mans Sanders en Alison vasgebind en op die vloer van sy slaapkamer laat lê terwyl hulle die huis geplunder het.

Hulle het sy ma, me. Mavis Bourgeous, en huiswerker, me. Dina Maletso, ook later in die kamer ingedwing en vasgebind.

“Later het hulle die deur van buite gesluit en kort daarna het ons die skote gehoor,” het Sanders getuig.

“ ’n Paar minute later het my vrou by die venster kom kyk of ons oukei is. Sy het gesê Emily is in die motor doodgeskiet . . . ”

Mev. Williams het met Emily, haar sussie, Sophie (10), en twee medeleerlinge by Sanders se huis stilgehou, onbewus van die drama wat hom daarbinne afspeel.

Toe sy onraad vermoed, het sy die Sanders-gesin se veiligheidsmaatskappy ontbied.

Kort daarna het ’n skietery tussen hulle en die rowers uitgebreek en Emily is noodlottig gewond.

Die Williams-gesin het einde verlede jaar na Brittanje verhuis en nie die hofverrigtinge bygewoon nie.

Die saak gaan na verwagting vandag voort. Die beskuldigdes bly in aanhouding.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2545432,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: