Farm Murders


Tevrede, ‘maar lewenslank bring nie seun terug’
July 22, 2009, 9:28 am
Filed under: Uncategorized

Jul 21 2009 07:53:29:537PM – (SA)

Sonja van Buul

Vereeniging – Drie mans is eergister in die Vereeniging-streekhof tot lewenslange tronkstraf en nog 15 jaar gevonnis weens die moord op mnr. Adriaan Lochner (24) van Meyerton.

Petrus Senkie Zengele (28), Daniel Mohlahlwe (25) en Boikie Mohlahlwe (21), al drie van die Meyerton-kleinhoewes, is anderhalfjaar ná die moord op Lochner skuldig bevind op aanklagte van moord en roof.

Mev. Michelle Bujak (34), Lochner se suster, het gister gesê haar ouers, mnr. Arrie en mev. Annetjie Lochner, is ingenome met die vonnis, maar “dit bring nie hul seun terug nie”.

Hulle het sedertdien na Kei?moes in die Noord-Kaap verhuis omdat hulle ver van Meyerton wou wegkom.

Lochner en twee van sy vriende was die dag van sy dood op ’n kleinhoewe om drank te koop toe hulle gekaap is. Volgens Bujak het ’n skermutseling ontstaan en haar broer is geskiet.

Lochner het ’n dogtertjie, Chanté (3), en was ’n opsigter by Mimosa Bricks in Meyerton.

“Ek is bly oor die vonnis. Hulle het gekry wat hulle verdien. Ten minste kan my broer nou in vrede rus en dit bring vir ons gesin afsluiting,” het Bujak gesê.

Bujak het gesê sy is baie dankbaar vir die hulp van insp. Tumelo Sina van die Meyerton-polisie wat Lochner se moordsaak met toewyding ondersoek het.

Sina het die moordenaars glo binne 24 uur ná die moord in hegtenis geneem.

Oorsprong:Beeld
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2540683,00.html


Leave a Comment so far
Leave a comment



Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s



%d bloggers like this: